Die Afrikaanse Forum
Die Biblioteek => Vervloeƫ woordskatte => Topic started by: Naas on April 29, 2013, 10:59:36 AM
-
Cee.. Cee.. Cee..
Sy't haar broekie nat gepee pee
Paddas in die dam
Kriekies in die vlei
'n Vlooitjie in haar broekie
En die meisies loer vir my.
:icon_bigsmurf:
-
Lekker giggel ek vir hierdie een.
-
Volg ek die spoor van naamlose gas wat die onderwerp 'print' en sit nou so giggelende op my eentjie en geniet Naas se humorsin van vooraf!
Guest 04:39:53 AM Printing the topic "C C C".
-
Die vlies tussen Naas se trane en onthou is vanoggend weer Virgindun en jou terugkeer saam met vreemde gas het nou weer die waterkliertjies aan die oortyd werk as ek die vrou onthou wat die versie vir my geleer het. Mag haar ewige rus vol vreugde wees.
:icon_bigsmurf:
-
Spesiale drukkie vir jou mater (((((Naas))))
-
Hier het jy my ook nou in trane, :crybaby2: maar ek sal altyd met 'n glimlag aan haar dink. :love7:
-
Die vlies tussen Naas se trane en onthou is vanoggend weer Virgindun.
Hoe pragtig gestel!
-
Dit is mooi gestel. :love7:
Ons eie Langenhoven!
-
Nou net op die gevreetboek gaan spog met ons eie Langenhoven se unieke humorsin en binne ommesientjie lees vyf gaste saam oor my skouer, soos wat ek nou weer hier oor 'n besoeker se skouer lees en weereens beaam: Naas, jy mag maar mater. Sou wat wou gee om die spesiale mens te kon ontmoet in lewende lywe wat jou hierdie versie geleer het.