Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Wenke wat werk => Topic started by: Meraai vannie Baai on April 21, 2013, 05:47:09 AM

Title: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: Meraai vannie Baai on April 21, 2013, 05:47:09 AM
In ons Cowboydorpie dryf die bure se laslappieheinings of 'buitegeriefies' mens soms teen die mure uit. Raadop besluit Outop toe so jaar of wat gelede, om vir my 'n afskorting aanmekaar te timmer met ons eie laslapheining (wat oor was na ons die plonsgaatjie toegemaak het.)

Op die gevreetboekie het iemand gewys hoe hulle vertikaal tuinmaak, en net daar byt die pottegogga my ook. Alles was ingespan, van Toppie se ou krokke tot geliefde teepotte en klippers wat vrolik trippe trappe tone speel langs saadbakkies.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/krokkepotte1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/krokkepotte1.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Teepotte1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Teepotte1.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/klippersenblomme.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/klippersenblomme.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/saadbakkies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/saadbakkies.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Tuin1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Tuin1.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/blommetjiesteenwitheining.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/blommetjiesteenwitheining.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Blommetjies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Blommetjies.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Tuin2.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Tuin2.jpg.html)

Title: Re: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: Fransi on April 21, 2013, 09:46:02 AM
Vrolik en so geweldig kreatief.
Title: Re: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: Angelica on April 21, 2013, 11:21:38 AM
Baie oulik.
Nie gedink daar is nog 'buitegeriefies' in Oz ?
Miskien is dit ook 'n goeie idee om buitegeriefshuisies te he, dan kan ons water spaar.
Want hemele weet, waar ons gaan water kry vir al die nuwelinge wat elke dag 'kop uitsteek', kan nie eens die slim mense weet.
Title: Re: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: Terry on May 02, 2013, 11:53:15 AM
Dit is 'n lieflike tuin Meraai!  Ek het op paar soortgelyke fotos afgekom, kan ek dit maar hier onder jou 'Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin' kom deel?
Title: Re: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: Meraai vannie Baai on May 16, 2013, 11:40:24 AM
Dankie vir die pragtige komplimente julle  :icon_bigsmurf: Terry natuurlik is jy meer as welkom om vir ons nog fotos te kom vasmaak hier! :love7: :hello2:
Title: Re: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: Ah Willa on May 17, 2013, 03:33:09 AM
Dis darem die mooiste tuin Raaitjie ... wens jy was hier indie kaap om my te help met onse tuintjie ...  :triplets:
Title: Re: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: Meraai vannie Baai on May 17, 2013, 07:43:13 AM
Dit sou 'n wonderlike voorreg gewees het Willa. Dink net hoe sou ons tussendeur gekuier het!  :hello2:
Title: Re: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: Terry on May 20, 2013, 09:59:27 AM
Dankie Meraai, hierso is nog so paar idees te doen met tuinmaak.  (Ek lief natuurlik die pienk hakskoen idee.)
Title: Re: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: PM on May 20, 2013, 10:18:55 AM
Dit is soooo mooi!  Dankie Terry.  Ek lief almal, ai, as ek eendag weer by die huis is!    :hello2:
Title: Re: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2013, 11:16:23 PM
Dit is pragtig Terry. Duisend dankies vir die deel. Op ons veranda het ek 'gestewelde lelies' en in Toppie se ou krokkies pronk daar ook so twee vetplantjies. Gaste gaan staan altyd eers stil en dan kry hulle wye glimlag vir die anderste 'potte'. Dis so heerlik om kreatief tuin te maak en mens kry die pragtigste voorbeelde. Ekke liefffff!!
Title: Re: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: Trapsoetjie on May 21, 2013, 04:04:20 PM
Ek moet bieg  :color: Ek het altyd goeie bedoelings. Daai lelike hoekies in my tuis is juis die probleem. Dis weggesteek so ek begin mooi maak, dan vergeet ek daarvan. As ek weer daar verby loop, oeps o gits alles het gedood.... :color:

 :angel12:
Title: Re: Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin
Post by: PM on May 21, 2013, 04:30:46 PM
Hahahaa, dalk moet jy net vetplante daarin plant aspatat.   :love7: