Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 24, 2011, 09:11:28 PM

Title: Die skelm tortelduif
Post by: adele on May 24, 2011, 09:11:28 PM
'n Tortelduif sê vir haar maat:
Het jy vir my 'n gerfie raad?
Hierdie vlerksleper kan ek nie vertrou
terwyl hy soveel van 'n ander hou.

Jy moet dalk baie mooi bedink
voor jy vir hom rooigrassap skink.
Weet net, eer jy jou hart verloor,
hy koer in elke vrou se oor.

My ma het my dié les geleer-
om elke pennie om te keer.
Kyk eers wat doen die jonkman daar
voor julle om die wêreld vaar.

Dis goeie raad om om te draai
wanneer hy so in sirkels swaai.
Gaan jy jou hartjie vir hom gee
gooi hy dit dalk diep in die see.
[/color 

 :grommit:
Title: Re: Die skelm tortelduif
Post by: Angelica on May 25, 2011, 02:01:56 AM
Smile... net soos ons vroumense maar is - skinder by mekaar van die manne. Hou hiervan.  :angel8:
Title: Re: Die skelm tortelduif
Post by: PM on May 25, 2011, 11:23:20 AM
 :icon_biggrin:  Ja-nee, ek weet nou nie so mooi nie,  dalk is hy 'n oulike ou duifie!   :icon_biggrin:
Title: Re: Die skelm tortelduif
Post by: Louis on May 25, 2011, 12:40:15 PM
hier moet ek wegbly dit klink soos n 'girl thing'
Title: Re: Die skelm tortelduif
Post by: adele on May 25, 2011, 12:43:27 PM
 :icon_biggrin: