Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Helpmekaar => Topic started by: Aspoestertjie on December 20, 2012, 10:53:46 PM

Title: Help Ta Raaitjie
Post by: Aspoestertjie on December 20, 2012, 10:53:46 PM
Ek weet nie waar die woordjies hoort nie. Help asseblieftog Ta Raatjie

Immergroen
Wyl die jare oor ons gaan
Het my liefde vir jou gegroei.
Daar was lag en soms ’n traan
Wyl die jare oor ons gaan.
Maar ons liefde het vas gestaan.
Soos ’n boom immergroen gebloei.
Wyl die jare oor ons gaan
Het my liefde vir jou gegroei




 :mumum:
Title: Re: Help Ta Raaitjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 21, 2012, 01:40:19 AM
Hene Assie ek hoor iemand gil so benoud. Moenie komkommer liefste kind. Ta Raaitjie sal hom ook gaan uitstal by die regmatige plekkie as die perfekte voorbeeld vir die Trioletstruktuur. Sal weer hier 'n draai kom gooi en vir jou die skakel los hoor  :love7:
Title: Re: Help Ta Raaitjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 21, 2012, 01:50:12 AM
Soos belowe: http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2420.0
Title: Re: Help Ta Raaitjie
Post by: Aspoestertjie on December 21, 2012, 09:12:53 AM
 :icon_cheers: :icon_cheers: :icon_cheers:
Dankie tog. Ek sal daar gaan kyk.



 :mumum:
Title: Re: Help Ta Raaitjie
Post by: Ah Willa on December 21, 2012, 09:13:31 AM
Aspoestertjie, hier sit ek nou en bid dat die klok nooit 12 uur slaan nie, dat die koets nie weer 'n pampoen met muise gaan word nie, want ek lief jou Triolet :

en die is vir my die mooiste mooi : Soos ’n boom immergroen gebloei.
Title: Re: Help Ta Raaitjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2012, 05:37:38 AM
Willa ek bid selle lyne!! Ons Assie mag nooit weer verdwyn nie  :book1: :icon_salut:
Title: Re: Help Ta Raaitjie
Post by: Ah Willa on December 22, 2012, 08:22:13 AM
waar twee of drie verenig in Sy naam ... Aspoestertjie bly net hier  :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: :wav: