Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => My gunsteling gedigte van die groot meesters => Topic started by: PM on December 04, 2012, 01:27:04 PM

Title: Die dwergies C Louis Leipoldt
Post by: PM on December 04, 2012, 01:27:04 PM
C Louis Leipoldt

In 'n gat daar onder die sukkeldoring
Het 'n dwergieman sy huis.
Die mure daarvan is goudgeel klei,
En die vloer van silwergruis.

En die lampe is klein vuurvliegies,
Wat skitter soos sonneskyn
As die groen van die skemeraand val
En die son se glans verdwyn.

Die stoele is bergkristalle,
Wat onder die liggies blink;
Die tafel 'n groot wit paddastoel,
Met sy steel in die gruis gesink.

Die kussings is fynste wit kapok
Uit tinktinkie-nes gesteel;
En die deurgordyn is 'n mierkatvel,
So sag soos sagte ferweel.

Hier lewe die dwergie die jare deur
Waar niemand hom ooit sal stoor;
En hy en sy vrou kom net maar uit
Om water te haal uit die voor.
Title: Re: Die dwergies C Louis Leipoldt
Post by: Fransi on December 04, 2012, 04:29:16 PM
Ek lief hierdie ene. Ek het dit die eerste keer in die vorm van musiek gehoor.