Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Gesegdes van toeka tot nou => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 03:46:48 AM

Title: Dierename in gesegdes en uitdrukkings
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 03:46:48 AM
*Diere name in gesegdes en uitdrukkings:

Aap:
 Elke bobbejaan het sy krans.
 
Toe jy nog ‘n bobbejaan was.
 
Die aapstuipe kry.
 
So min van godsdiens weet as 'n aap.
 
Sit soos 'n aap op 'n stokkie.
 
'n Aap in die mou hê.
 
Jou 'n aap skrik vir iets.
 
Die aap uit die mou laat.
 
Al dra 'n aap 'n goue ring.
 
'n Aap in 'n porseleinkas

Jy lyk 'n mooi aap

Iemand aapstert gee

Jou klein aapstert!
 
Die bobbejaan agter die bult gaan haal.
 
Jy kan dit vir die bobbejane vertel.
 
Dis bobbejaanhartseer.
 
Dit is klaar met kees.
 
Bul:
 Die bul by die horings pak.
 
Pa se bulletjie.
 
‘n Ring aan die bul se neus sit.
 
Eend:
 Dit is maklik om te sê maar die eend lê die eier.
 
So gelukkig soos ‘n eend in die water.
 
Sy is die lelike eendjie onder die swane.

Om soos water van 'n eend se rug af te loop.
 
Dit is regte eende weer.
 
Haan:
 Hy lyk soos ‘n haan waarvan die stertvere uitgepluk is.
 
Voor die hane kraai.
 
Elke haan is koning op sy eie mishoop.
 
Geen haan sal daarna kraai nie.
 
Net 'n hanetreetjie.
 
Moenie jou kom haantjie hou by my nie.
 
Nog voor die haan drie maal kon kraai.
 
Hy is 'n regte haan onder die klomp henne.
 
Hoender:
 Sy kloek soos 'n hen al om haar kuikens.
 
Dit lyk of die hoenders sy kos afgevat het.
 
Iemand na die hoenders laat gaan.
 
Saam met die hoenders gaan slaap.
 
Saam met die hoenders opstaan.
 
Hy lyk soos ‘n natgereënde hoender.
 
Vier iemand die hoenders in wees.
 
Altyd ‘n eiertjie by te lê hê.
 
Moenie al jou eiers onder een hen sit nie.
 
‘n Halwe eier is besig as ‘n leë dop.
 
Op eiers loop.
 
Die hen wat die goue eiers lê.
 
Die hennetjie wat eerste gekekkel het, het die eier gelê.
 
Hy loop rond soos ‘n hen wat ‘n eier wil lê.
 
Moenie al jou eiers in dieselfde mandjie pak nie.
 
Dis beter om vandag die hoender te hê as more se eier.
 
'n Hoender in die bank hê.
 
Die hoenders in wees.
 
Dit sal gebeur as die hoenders tande kry.
 
Gaan vertel dit vir die hoenders.
 
Rondloop soos 'n hoender wat nes soek.
 
In die hoenderhemel wees.
 
Hoenderkop wees.
 
Hond:
 Elke hond is baas op sy eie werf.
 
Elke hond kry sy dag.
 
Elke hond prys sy eie stert.
 
‘n Haastige hond verbrand sy mond.
 
Hondse gedagtes kry.
 
Hy lyk of die hond sy kos afgeneem het.
 
Iemand soos ‘n hond behandel.
 
Twee honde baklei oor ‘n been en ‘n derde gaan daarmee heen.
 
Moenie slapende honde wakker maak nie.
 
'n Hondelewe lei.
 
Jy maak nie hond haar af nie.
 
Kommandeer jou honde en blaf self.
 '
 n Hond uit 'n bos uit gesels.
 
Baie honde is 'n haas se dood.
 
Eie honde byt die seerste.
 
Blaffende honde byt nie.

As jy 'n hond wil slaan kry jy maklik 'n stok.
 
Jy blaf agter elke hond aan.
 
Dit is nie om die hondjie nie maar om die halsbandjie.
 
Die hond in die pot kry.
 
Oor die hond se stert wees.
 
Jakkals:
 Hy maak jakkalsdraaie.
 
Jou klein jakkals.
 
So slu soos 'n jakkals wees.
 
Jakkals trou met wolf.
 
Jakkals verander van hare nie van snare nie.
 
Jakkals se streke uithaal.
 
Kat:
 Die kat kom terug.
 
Te laat vir die kat se afval.
 
Dit is nie ‘n kat om sonder handskoene aan te pak nie.
 
‘n Benoude kat maak benoude spronge.
 
‘n Kat val altyd op sy pote.
 
So vriendelik soos ‘n kat.

Jy het die kat aan die stert beet.
 
Die kat in die donker knyp.
 
'n Kat in die sak koop.
 
So rats soos 'n kat op sy voete land.
 
Wie sal die kat die bel aan bind?
 
Vir die kat kwaad wees en die hond skop
 
Die kat uit die boom kyk.
 
Snags is alle katte grou.
 
As die kat weg is, is die muis baas.
 
Jy hou jou lyf katjie van die baan.
 
So min van iets weet soos 'n kat van saffraan.
 
Lyk soos iets wat die kat ingedra het.
 
Soos die nege lewens van 'n kat.
 
Kraai:
 Dit lyk of die kraaie jou kos (kaas) afgeneem het.
 
Dis so warm, die kraaie gaap.
 
Geen kind of kraai besit.
 
Die kraaie gaap weer vandag.
 
As jy nie daardie mond gehad het nie, het die kraaie lankal jou oë uitgepik.
 
Koeie:
 Dit is nie die koei wat die hardste bulk wat die meeste melk gee nie.
 
Aan die kalf ken jy sy baas.
 
Om die gemeste kalf te slag.
 
Die kalf is verdrink.
 
Nie al jou kalwers in die hok hê nie.
 
Met ‘n ander se kalf ploeg.
 
Hy suig aan die agterspeen.
 
Die kalf is in die put.
 
Dit is 'n waarheid soos 'n koei.
 
Om ou koeie uit die sloot te grawe.
 
Ons gesels sommer oor koeitjies en kalfies.
 
Hy is nie so groen dat 'n koei hom sal vreet nie.
 
Leeu:
 Hy het leeuemoed.
 
Soos ‘n briesende leeu.
 
Hy en die leeu was deurmekaar.
 
Om ‘n leeuehart te hê.
 
Jy stap reg in die leeu se bek in.
 
Hy het die leeueaandeel gekry.
 
Muis:
 Die berg het 'n muis gebaar.
 
As die muis dik is is die meel bitter.
 
Kleine muisies het grote ore.
 
Die muise het dit seker opgevreet.
 
So stil soos ‘n muis.
 
As dit kat weg is is die muis baas.
 
Die muisie sal ‘n stertjie hê.
 
Die kop vol muisneste hê.
 
Sy het ‘n muisgesiggie.
 
Os:
 Al sy ossies is nie in die kraal nie.
 
Van die os op die esel.
 
Agteros kom ook in die kraal.
 
So sterk soos 'n os.
 
Perd:
 As die perde horings kry.
 
Daar sal perde wees.
 
Gou op jou perdjie wees.
 
Moenie ‘n gegewe perd in die bek kyk nie.
 
Pure perd voel.
 
Om die verkeerde perd op te saal.
 
Om iemand vrye teuls te gee.
 
As die hingste vul en die merries horings kry.
 
Om die kar voor die perde te span.
 
Dit is 'n perd van 'n ander kleur.
 
Jy kan 'n perd na die water lei maar hom nie dwing om te drink nie.
 
Trou is nie soos om 'n perd te koop nie.
 
'n Ou perd kry ook lus vir groen voer.
 
Die gewillige perd moet die las dra.
 
Padda:
 Sowaar as wat padda manel dra.
 
Jy het 'n padda in die keel.
 
Jy probeer nou van 'n padda vere pluk.
 
Rot:
 Die skip verlaat soos ‘n rot.
 
Hy is ‘n ou rot.
 
So kaal soos ‘n rot.
 
Ons is rot en kaal besteel.
 
Moenie jou oor 'n dooie rot verheug nie.
 
Ek ruik 'n rot.
 
Skaap:
Hulle maal soos ‘n klomp skape rond.
 
Baie mak skape kom in een kraal.
 
Die swartskaap wees.
 
Skape van die bokke skei.
 
Skapies bymekaarjaag.
 
Hy is ‘n hanslam.
 
Die lammervanger sal jou kry.
 
Soos 'n skaap keelaf gesny.
 
So mak soos 'n lam
 
Soos 'n klomp mak skape in 'n kraal
 
Een brandsiek skaap steek die hele trop aan.
 
Slang:
 Hy is ‘n slang.
 
As dit ‘n slang was het hy jou gepik.
 
Ek kon slange vang.
 
Hy doen die slangdans – my eie gesegde vir ‘n mannetjie wat by jou dogter aanlê.
 
Adam sê dis Evan en Eva sê dis die slang.
 
Daar is 'n slang in die gras.
 
Om te sis soos 'n slang.
 
Daar is 'n slang in die Paradys.
 
Tier:
 Sy baklei soos ‘n tierwyfie.
 
Sy is so vriendelik soos ‘n tierwyfie.
 
Hy het tiermelk gedrink.

Vark:
 So veilig soos ‘n vark in Palestina.
 
Hy kan nie ‘n vark vang nie.
 
Hy het nie al sy varkies op hok nie.
 
Moenie so varksig wees nie.
 
So vuil soos ‘n vark.
 
Moenie jou soos ‘n vark gedra nie.
 
Om soos 'n vark in die modder rond te ploeter
 
Jy werp jou pêrels voor die swyne.
 
Om die vark in die feeverhaal te wees.
 
Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op
 
Soos 'n maer vark geskreeu.
 
So vet soos 'n vark in Palestina.
 
Voëls:
 Hulle is voëls van eenderse vere.
 
Soos 'n voël op 'n tak sit.
 
Elke voël sing soos hy gebek is.
 
So vry soos 'n voël in die lug.
 
Solank die voël vlieg kan jy hom skiet.
 
'n Voëltjie hoor fluit.
 
'n Ou voël met kaf probeer vang.
 
Een voël in die hand is beter as twee in die lug
 
Twee voëls met een skoot tref