Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on September 20, 2012, 09:28:37 PM

Title: Ek dink aan jou!
Post by: PM on September 20, 2012, 09:28:37 PM
Ek wil net graag vanaand vir almal sê wat deur moeilike tye gaan,  ek dink aan julle.  Hiermee gee ek aan elkeen van julle 'n spesiale drukkie, 'n "knuffel"  om te sê ek is lief vir julle.  Ek weet nie hoekom dit gebeur het nie, ek verstaan dit ook nie,  maar weet net dat ek aan julle dink en lief is vir julle!   :love7:
Title: Re: Ek dink aan jou!
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2012, 11:11:56 PM
Ek wil langs jou kom staan PM en saam met jou knuffels gee  :love7:
Title: Re: Ek dink aan jou!
Post by: PM on September 21, 2012, 04:55:59 AM
Jy is welkom matertjie.  'n Mens het so nou en dan so 'n kosbare drukkie nodig net om te wys jy gee om. 
Title: Re: Ek dink aan jou!
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2012, 05:02:40 AM
Ek sorg vir die brood en wyn, met so ietsie daarby.
Sleep jou stoeletjie nader; kom vier saam in die gees!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/109b.jpg)
Title: Re: Ek dink aan jou!
Post by: PM on September 21, 2012, 05:24:55 AM
Hê-hê, ek is altyd reg vir brood en wyn, al issit in die vlees gees.  Jy sien hoe agterstevoor werk my brein! Moes nog die f van vlees met 'n v vervang!  :icon_biggrin:
Het jy hierdie self geskets Raaitjie?
Title: Re: Ek dink aan jou!
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2012, 05:33:17 AM
Djares terug. Was 'n 'kleuroefening' (warm- en koelkleure) wat ek uit 'n kunsboek probeer het. Nou ewe verwaand nog ere plekkie in die pandokkie se 'kebuis  :toothy4: altyd lief gewees om waterverf en oliepastelle as 'mixed medium' te gebruik.
Title: Re: Ek dink aan jou!
Post by: PM on September 21, 2012, 05:38:42 AM
Dit is pragtig.  Ek sou dit beslis ook 'n ereplekkie gegee het. 

Meraai vier fees
kom join my innie kebuis. 

Waterverf en oliepastelle saam?  Dit kan net jy wees!
Title: Re: Ek dink aan jou!
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2012, 05:42:06 AM
Heheh, as een vir my se jy kan nie dit doen nie, dan WIL ek tog so graag. Net vir die fun. En die twee saam is groooot pret hoor. Menige ou al kopgekrap oor watter medium dit is, want waterverftegniek is dit beslis nie!
Title: Re: Ek dink aan jou!
Post by: PM on September 21, 2012, 07:53:55 AM
Vir my is waterverf die moeilikste medium.  Nie dat ek kunstig is nie.  Dink ek het al vertel dat die kunsonderwyser my gevra het om asseblief 'n ander vak te kies.    :angel4: Maar ek is mal oor houtsneewerk. 
Title: Re: Ek dink aan jou!
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2012, 11:06:26 PM
Hehehe. Giggel ek sommer vroeg-vroeg. Van houtsneewerk bly ek ver weg. My eerste leeupoging het die lem dwarsdeur my vinger en nael gegaan  :crybaby2: Die brood en wyn strepies moes ek toe later vir elke familielid ook enetjie maak en toe het ek akriel/olie ook ingespan. Net die agtergronde effens verander.
Title: Re: Ek dink aan jou!
Post by: PM on September 22, 2012, 07:47:03 AM
Ek het baie respek vir kunstige mense.   :notworthy:

Eina Raaitjie!  Hout is ook een van jou giftigste mediums om mee te werk.  As so 'n splinter in jou vel insteek sweer dit.  Is seker maar dieselfde as 'n doring.