Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on August 31, 2012, 02:27:46 AM

Title: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2012, 02:27:46 AM
Agter blokkiesdraad van kan en kon
('n Ekphrasis-refrein-gedig)

Jou twiet-twietsige hulproep van agter blokkiesdraad
waar die tekens van elke mislukte ontsnappingsroete
oopbekkie aanhou gaap; laat my telkens - magteloos
voor jou staan en ek wens, ek wens, dat vingerpunte
draad kon knip sodat jy jou vlerke weer vry kan sprei

Refrein:
Ek onthou       die sagtheid        van jou tong
ek onthou       die smeking        van jou tjirp

Ek wens, ek wens ...
dat vingerpunte draad kan knip
en ons, ons vlerke vry kon sprei

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/001-4.jpg)

*Soos die verskillende groottes van die blokkiesdraad in die foto, wissel die lengte van die verse ook in die gedig
en is die woorde in die reëls so gekies dat dit vanself in verskeie blokvorms vertoon vir visuele ooreenstemming met die foto.

Dit is nie altyd maklik om te onderskei tussen 'n refreingedig of ons eie eggo struktuur. Met die plasing van 'refrein' word hierdie misverstand uitgeskakel en weet die leser dadelik onder watter struktuur die gedig val indien dit nie erens genoem word nie.

Toe ons vir die paar dae weggeloop het, was daar 'n groot voëlhok by die een karavaanpark en omdat ons gewoond geraak het aan die gevlerkte vrinde se vryheid hier, was dit elke dag vir my 'n hartseer ervaring om daar te gaan staan; te sien hoe die ou spook om deur die draad te byt. Hy het sy tong deur gesteek en my vinger gelek. As ek weggestap het, het hy vreeslik hartseer geroep - dan draai ek weer om en hou my vinger vir hom. So het ons ook maar in die lewe ons eie blokkiesdraad waar agter ons gevange gehou word; waar ons dinge wat ons eens kon doen, nie meer kan nie het ek vir hom probeer vertel, maar ek glo nie hy het verstaan nie.
Title: Re: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: PM on August 31, 2012, 05:03:51 AM
Dit is uitstekend gedoen.  Baie dankie Raaitjie. 
Blokkiesdraad... gevangeskap... beperkings...    :notworthy:

ek wens, dat vingerpunte
draad kon knip

Title: Re: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2012, 05:56:55 AM
Bly jy het geniet! Ekke wens saam met jou  :bootyshake:
Title: Re: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: Meraai vannie Baai on January 15, 2018, 12:29:46 AM
Besef vanoggend (Aus) hoeveel vreugde die skep van ons eie strukture my al verskaf het. Wonder ek of ons ooit weer so saam-saam sal kan speel in die woordsandput?  :icon_scratch: :crybaby2:
Title: Re: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: PM on January 15, 2018, 11:01:02 AM
Miskien, mens weet nooit.  Ek sal vertrou dat ons matertjies weer sal terug kom.
Title: Re: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: adele on January 16, 2018, 03:34:29 PM
Title: Re: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: PM on January 16, 2018, 06:01:18 PM
Lief Adele, kom sê tog weer jou sê.  Ons wil dit nie mis nie.   :wave:
Title: Re: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: Meraai vannie Baai on January 17, 2018, 12:25:29 PM
Sê ekke ook  :hello2: :notworthy: :book1:
Title: Re: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: adele on January 17, 2018, 06:40:50 PM
gits nee, ek sal weer moet dink, het net gesoek na julle en die gedigte. het nie self gedigte geplaas nie   :wave: 
Title: Re: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: PM on January 18, 2018, 07:37:28 PM
Ek sien watter maaitjies terug kom en ek waardeer almal.  Ek mis vir Trappies en Angelica.  Ek mis soveel ander matertjies. 
Dit laat my dink aan wat iemand geseg het:  Daar is mense wat kortstondig in jou lewe is vir 'n doel, dan verdwyn hulle weer... en ek wonder stukkend, hoekom? 
Title: Re: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: Naas on January 19, 2018, 12:00:46 PM
PM as jy hulle liefhet laat hulle gaan... as hulle terugkom is hulle joune.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gedigte met refreine (Poem with a Refrain)
Post by: PM on January 19, 2018, 06:12:36 PM
 :toothy4:  Ek het nie 'n antwoord nie, ons sal maar sien.   :angel4: