Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: AB on August 25, 2012, 06:22:26 AM

Title: esel
Post by: AB on August 25, 2012, 06:22:26 AM
Piet Swart word aangekeer vir 'n verkeersoortreding. Hy vervies hom vir die verkeerskonstabel en noem hom 'n esel. Die verkeerskonstabel daag hom voor die hof vir naamskending.

"Meneer,"  sê die landdros, "jy mag nie vir konstabel Viljoen 'n esel noem nie. U word met R100 beboet."

"Ek mag nie vir 'n verkeerskonstabel sê hy's 'n esel nie?"

"Dis korrek."

"Mag ek 'n esel 'n verkeerskonstabel noem?"

"As dit jou plesier sal verskaf."

Piet draai stadig en moedswillig om, kyk die konstabel vas in die oë.  "Tot siens, verkeerskonstabel," sê hy.
Title: Re: esel
Post by: PM on August 25, 2012, 06:56:24 AM
O hallie ha!  :icon_biggrin:
Title: Re: esel
Post by: Assie on October 08, 2021, 10:53:18 AM
In die dae van parkeermeters het die verkeerdedepartement meisies aangestel wat op en af geloop het en boetes uitgeskryf het as jou parkeermeter sy rooi vlaggie gewys het.
Ek onthou goed daardie boetebessies in die Paarl was ten spyte van hulee aktiewe werksomstandighede almal boetebosse.
Baie keer staan hulle by daai parkeermeter en wag vir die vlaggie. Teen die tyd dat jy om hulle geloop het om te sien voor wie se kar hulle staan is die boete al geskryf.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: esel
Post by: PM on October 10, 2021, 05:13:31 PM
Ja, ek het hulle ook geken.  Jy hardloop oor die straat en skree jy is oppad, maar as jy by jou voertuig kom spring die vlaggie op en die tannie gee jou kaartjie.  Sies, die esels.