Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on August 20, 2012, 09:46:33 AM

Title: Kostelike kindersêgoed.
Post by: PM on August 20, 2012, 09:46:33 AM
Stap ons so deur onthou se gange die naweek. 
Jannie was nog 'n tjokkertjie toe sy oupa oorlede is.  Mamma is af Kaap toe om sake te gaan uit sorteer en sy kom terug met goedjies wat Oupa aan Jannie bemaak het.  Onder andere oupa se sakhorlosie.  Die mannetjie is nie baie dikbek nie, hy wou oupa se tande gehad het.  "Vir wat!" roep sy ma geskok uit. Hy antwoord: "Ek sou baie geld by die tannemuis gekry het!"
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: Fransi on August 21, 2012, 09:00:13 AM
 :icon_biggrin:
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: PM on August 22, 2012, 05:23:32 AM
Die klein snip was seker so vier jaar oud toe ons die Hugenotemonument besoek het.  Daar groei bome wat sulke lang peule maak.  Hy tel toe een op en seg vir sy ma:  Kyk hier is hugenotemielies.   :icon_biggrin:
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: AB on August 25, 2012, 08:21:42 AM
Warm koffie

Werner vertel :Ons dogter, nou 16, was sowat 4 jaar oud toe sy hierdie kwytgeraak het. My vrou het ernstige nierpyp/urienweg ontsteking opgedoen en kla by my dat dit geweldig brand toe sy by die toilet uitkom. "Jaaaa" se die klein Natanya, "Dis daai warm koffie wat mamma altyd drink!!"
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: AB on August 25, 2012, 08:34:16 AM
Moenie vrees nie

Toe ek die stories van die kinders lees onthou ek mos my eie dogtertjie ( toe só 5 of 6, nou al 24 jaar oud), sy kom van die Sondagskool : "Papa, Papa.....ons het vandag 'n nuwe teksie by die Sondagskool geleer" Ek vra , "nou toe vertel my". Stilte, effe lank en ongemaklik, ek los dit en wag maar..... "Papa.. e....o ja.....e....moenie vrees nie....e....e.....e....watch net!"
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: AB on August 25, 2012, 08:35:36 AM
'n Vinger in die pie

Ek was 'n Sondagskool onderwyseres vir die st. 1-klas. Gewoonlik sluit ek my oë wanneer ons bid maar daardie oggend het ek gekyk en wat 'n fees! Karen vra om asseblief vir Jesus iets te sê en sy bid met die wysvingertjie in die lug "Liewe Jesus beskerm ons asseblief teen die duiwel want hy het altyd 'n vinger in die pie"
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: AB on August 25, 2012, 08:38:49 AM
Wanneer begin ons dan kleiner word?

Alison vertel:

Ons Billy (3) het graag saamgegaan as ons iemand moes afsien op die lughawe - dan kyk hy hoe die vliegtuig opstyg en hou aandagtig dop soos wat dit kleiner en kleiner word. Kom die dag toe hy sy eerste vliegtuigrit onderneem: 'n Ruk lank het hy doodstil gesit en toe vra hy: "Maar wanneer begin ons dan kleiner word?"

 
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: AB on August 25, 2012, 08:46:19 AM
Huisbesoek

Ons predikant op Ladybrand het huisbesoek gaan doen by 'n huisgesin waar die ouers 'n identiese tweeling het. Alhoewel die outjies identiese voorkomste gehad het, het hul persoonlikhede soos dag by nag van mekaar verskil. Klein Andre was 'n rustige denker, maar Werner was 'n mannetjie wat baie lief was daarvoor om almal poetse te bak....'n regte klein woelwater.

Tydens die huisbesoek het dominee dan ook verneem of die seuns darem in die aande voordat hulle gaan slaap hul dag afsluit met 'n gebedjie, waarop Mamma bevestig het dat dit wel die geval is. Klein Andre het aangebied om vir dominee sy vaardighede met sy gebedjie te illustreer, en hy trek sommer dadelik weg:"

Liewe Jesus, baie dankie vir my mammie en pappie en die kos wat ek elke dag eet. Maak asseblief my boetie 'n soet seun want hy is party dae baie stout. Amen!!"

Klein Werner het tjoepstil na sy boetie se gebed gesit en luister, waarop hy as volg gereageer het:" Liewe Jesus, baie dankie vir my mammie en pappie en die kos wat ek elke dag eet. Maak asseblief my boetie dood, want hy skinder van my by Jou!!!"
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: adele on August 26, 2012, 09:35:56 PM
   :icon_biggrin:     :icon_biggrin:   het ons nou ons lagdosis vir die week ingekry   :icon_biggrin:   

 :grommit:
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: PM on August 27, 2012, 06:06:16 AM
Baie dankie vir die aandra AB.  Dalk is hier iets wat Raaitjie kan byvoeg in ons boekie. 
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: AB on August 27, 2012, 06:50:22 PM
X bly ek kon darem paar van julle 'n glimlag gee.
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: Meraai vannie Baai on August 27, 2012, 11:14:52 PM
Beslislik is hier stof vir ons kabouterlyne afdeling  :love7: :notworthy:
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: Miss Piggy on October 06, 2012, 07:53:45 PM
So erf ek 'n kleinkind, dogtertjie . . . amper 3jaar oud.  Haar naam is Li-Zay . . . slim verby en het my in die sak . . . :angel8:

So 'n week terug vra sy my . . . Ouma Lolla, ek wil 'n springbroodjie he asseblief.

Het my 'n paar oomblikke geneem om agter te kom sy soek 'n snytjie roosterbrood. Ouma Lolla sal haar woordeskat moet opskerp!   :`ip2:   

NS  Ek gaan haar nog opvreet!!! :love6:
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2012, 11:29:27 PM
As ek naby was het ek haar help opvreet Miss Piggy - woordjie is verpak en bewaar hoor!!  :notworthy: :love7:
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: PM on October 07, 2012, 05:16:26 AM
Die "erfgoed" is dierbaar verby en 'n mens verloor maklik jou hart.  Geniet haar Miss Piggy. 
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: Meraai vannie Baai on November 17, 2018, 06:28:12 AM
Ek het nou myself verkrukkeld gelag. Nog tien plooie by  :icon_bigsmurf:

Die ene gaan ek my leuse maak: "Moenie vrees nie....e....e.....e....watch net!"

Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: Anton Louw on November 17, 2018, 07:28:28 AM
"Pappa ek soek 'n boggerol broodjie aseeblief"
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: Meraai vannie Baai on November 17, 2018, 07:43:52 AM
Ek giggel onbedaarlik - Anton is dit nou boggerol soos in bovril?  :toothy4: :`ip2:
Title: Re: Kostelike kindersêgoed.
Post by: PM on November 17, 2018, 04:41:21 PM
Pragtig, ons kleingoed se sêgoed wen altyd 'n prys en plaas 'n laggie in ons lewe.