Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elizabeth se plek => Topic started by: Elizabeth on August 12, 2012, 05:32:02 AM

Title: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: Elizabeth on August 12, 2012, 05:32:02 AM
Troos is ‘n vyfletterwoord -
vyf  vingers aan  een hand
een hand wat joune vashou,
één warm hand wat oor jou skouer  kom vlerk
‘n toemaarkombers teen koue en pyn,
fluister  vrede  en vreugde
teen elke donker deurkosyn

Daar is troos in die warm boontjiesop
wat jy vir ons maak as die koue deur die sleutelgat klouter
en teen my bene kom opklim…

Troos lê jou oë vol
as jy my help onthou
aan al die dinge wat ek
so vreeslik vergeet

Troos is ‘n vyfletterwoord,
‘n koesterwoord

Troos is jy
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: PM on August 13, 2012, 05:27:19 AM
Pragtig! Ek sal altyd onthou dat "troos" die mooiste woord in Afrikaans is, maar ek dink dit geld vir al die tale, mens spel dit net anders.   :icon_biggrin:
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: Fransi on August 13, 2012, 07:30:41 AM
So besonders mooi geskryf. Lieflik.
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: Joe Daai Ou on May 09, 2013, 11:20:20 AM
Oi joi joi, wat 'n mooi gesketste beeld van hoe die liefde kan troos! Pragtig verwoord!  :notworthy:
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: PM on May 10, 2013, 08:56:21 AM
Ek verstom my altyd aan die aantal kere wat 'n onderwerp gelees word, maar hoe min mense daar is wat kommentaar lewer. 
Dankie Joe, dat jy hier kom wandel het en 'n voetspoortjie gelos het. 
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: Ah Willa on May 10, 2013, 11:30:28 PM
my woorde is uit my mond geslaan - in Engels, Afrikaans, Chinese en selfs my bietjie Duits en Italiaans daarmee heen .. al was uit spoeg is "WOW"


ek hoop dis in die boek!!
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: adele on May 11, 2013, 07:16:36 PM
dis soooo mooi, vir weerlees bedoel   :love7: 

 :grommit: 
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: Joe Daai Ou on May 15, 2013, 10:51:26 AM
Ons voetspore by ander se sketse en gedigte is die kunsmis wat hulle ABC's laat groei! Ek wil aan alle lesers voorstel om kunsmis te strooi dat algar kan gedy in die proses!
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: PM on May 15, 2013, 03:35:05 PM
Dankie Joe, jy het dit baie mooi opgesom matertjie.  Ek kerm elke dag omdat daar so min komtare is, maar as jy kyk hoeveel keer die werk gelees word is dit wonderlik.  Ons kry darem 'n bietjie blootstelling. 
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: Ans Botha on December 01, 2015, 10:14:04 AM
Nooit so aan die woord gedink nie. Maar dit is waar, dan stel jy dit nog so mooi ook.
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: PM on December 08, 2015, 04:46:42 PM
Wat sal 'n ou tog doen sonder troos.  Gewone troos en boeretroos.  Daar is darem niks beter as 'n lekker beker sterk koffie om 'n mens weer moed te laat skep nie. 
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: Meraai vannie Baai on November 29, 2016, 10:54:37 PM
Lees oor 'n gas se skouer kom ek op hierdie skat af vanoggend. Pragtig en waar!
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: PM on November 30, 2016, 10:12:55 AM
Dankie vir die aangee Raaitjie.  Dit gaan lekker af, saam met die koffie. 
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: PM on September 21, 2018, 12:47:07 PM
Ons voetspore by ander se sketse en gedigte is die kunsmis wat hulle ABC's laat groei! Ek wil aan alle lesers voorstel om kunsmis te strooi dat algar kan gedy in die proses!


Is dit nie pragtig nie?  Joe Daai Ou, waar is jy in die wêreld?
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: PM on September 21, 2018, 12:50:43 PM
Ek wil weer vra, as julle iewers gelees het, los net 'n glimlaggie of 'n blommetjie of iets om te wys jy was daar.  Los net 'n voetspoortjie.
 :bootyshake:
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2018, 01:15:06 PM
Ek het nog gereeld kontak met Joe d.m.v FB se poskoets - sy woordeskat laat my gereeld proes. Die ou het ook maar sy eie skeet en kwaal wat hom opkeil maar hy skop nog al die pad tussen deur. Ek vermoed meeste ouens het hulle passwords hoeka verloor. Die dag as ek myself uitteken hier kan ek ook nie weer die deur oopsluit nie want my password sal ek in dag des lewens nooit weer onthou nie.
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: adele on September 21, 2018, 01:25:06 PM
Huhhh! Moet ons dan hier 'n paswoordjie hê?  :icon_scratch:  :dontknow: terg sommer, maar as ek een gehad het, is dit lankal stroomaf, see toe.
Title: Re: Die heelmooiste woord in Afrikaans.
Post by: PM on September 21, 2018, 07:18:15 PM
Moenie komkommer nie.  Met die dat Gawie gevra het vir 'n nuwe wagwoord het ek geleer wat om te doen.  Gooi net daai briefie in my e-poshokkie,    pm@afrikaanseforum.co.za     en ek stuur gou vir jou 'n nuwe een.