Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on July 19, 2012, 08:56:47 PM

Title: "Trane", 'n skrywe wat ek via 'n vriendin ontang het
Post by: adele on July 19, 2012, 08:56:47 PM
uit my eposkoets:

TRANE
Vandag het ek die Here gevra om al my trane weg te vat, want trane bring net seer.
Toe sê Hy: "Nee my kind, wens liewers Ek gee jou meer"

"Ek sal jou trane gee as jy gelukkig is,
jy sal trane he as jy jou geliefdes mis...

Ek sal jou trane gee as Ek jou baba vir die eerste keer in jou arms le,
en Ek sal jou trane gee as jy 'n gebed van dankbaarheid opsê...

Ek sal jou trane gee as jy vir jou kind se oulike se goed lag,
en hy jou 'n drukkie gee met sy lyfie so sag...

Ek sal jou trane gee as jy by 'n siekbed staan,
en die dokter vir jou se dat alles weer beter gaan...

Ek sal jou trane gee as jy jou verlore hondjie terugkry,
na jy gedink het hy is dalk erens omgery...

Ek sal jou trane gee as jy voel jou lewe is verby,
en jy skielik weer van erens nuwe hoop vir die lewe kry...

Ek sal jou trane gee as jy van iets hartseer hoor,
of as jy jou hart op jou eerste liefde verloor...

Ek sal jou trane gee as jy lees van ander se hartseer en smart,
Want dan, My kind, weet ek jy het nog 'n hart...

Ek sal jou trane gee as jy hartseer is,
Want, my liewe kind, ek sal die storms weer blus...

Ek sal 'n kruis op jou pad sit al is dit nie jy wat daarvoor vra,
Want, My liewe Kind, ek sal nooit dat jy hom alleen dra!!!

(Skrywer onbekend)

 :grommit: 
Title: Re: "Trane", 'n skrywe wat ek via 'n vriendin ontang het
Post by: PM on July 20, 2012, 06:57:47 AM
Trane is seer ja, maar dit is nodig.  Dankie vir die deel daarvan Adéle.
Title: Re: "Trane", 'n skrywe wat ek via 'n vriendin ontang het
Post by: Ah Willa on July 21, 2012, 12:30:32 AM
Trane doen vir die siel en hart
wat 'n stort vir die lyf en hare doen

silverskoon na elke stort sessie - be it trane of krane se water  :toothy4:
Title: Re: "Trane", 'n skrywe wat ek via 'n vriendin ontang het
Post by: PM on August 22, 2012, 07:52:52 AM
Dit is hoe ek vandag voel en sal tog so bly wees as ek 'n hupstootjie kan kry om my weer aan die rol te kry.

Ek sal jou trane gee as jy voel jou lewe is verby,
en jy skielik weer van erens nuwe hoop vir die lewe kry...