Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => My gunsteling gedigte van die groot meesters => Topic started by: adele on June 21, 2012, 06:35:25 PM

Title: DF Malherbe
Post by: adele on June 21, 2012, 06:35:25 PM
Middernag

Dis donker, donker middernag:
nader kruip die Zoeloemag,
kruip swart adders om die laer,
opgeblaas al deur die gras;
en geen windjie wek die slapers-
slaap is soet na arbeidslas:
droombeeld laat ’n kindjie lag,
moederarms omhels dit sag.
Rondom, geklem in Kafferhand,
smag duisend assegaaie, want
hulle het al nege lange dae
in somerhitte dors gely.
O, is die Dood ook so innig-bly
as op warm lyf hy lê sy hande?
Aan haar hart druk moeder sag
haar kindjie en slaap – dis middernag!

 :grommit:

Title: Re: DF Malherbe
Post by: AB on June 21, 2012, 09:23:40 PM
ek het die voorreg gehad om vir oom danie te ken, maar ongelukkig nog te klein gewees om hom te waardeer en uit te vra na die vroeër jare.

Title: Re: DF Malherbe
Post by: Ah Willa on June 22, 2012, 06:30:39 AM
AB het jy nie foto's van  hom nie :-)
Title: Re: DF Malherbe
Post by: AB on June 22, 2012, 09:43:42 AM
ek het nie fotos sover ek weet nie maar ek kan in die hande probeer kry.
aan een kant klink dit maklik om te kry want oom Danie was my Ouma se broer maar sy is ook lankal oorlede. Ek dink tussen die paar fotos van hulle kant af wat ons gehad? het kon hy dlak wees, sal eers weet of dit nog bestaan na ons huis gebou het en  ingetrek het en die oorbly goed deurwerk.

Ek kan by my tannie hoor of sy dalk fotos het, ook nie os maklik nie sien haar min tot baie min, dalk by my kleinneef, sy kleinseun en naamgenoot, as ek hom in die hande kan kry. Hy woon iewers in die Kaap, dis nou nie oom Danie nie maar sy kleinseun. As jy dalk meer van oom Danie te hoere wil kom kan ek by kleinneef hoor of jy hom dalk kan besoek en uitvra, hy kan nogal effens van hom onthou.

Title: Re: DF Malherbe
Post by: Ah Willa on June 22, 2012, 09:52:41 AM
Dit kan net intersant wees .. as hy wil .. sal ek graag gaan vra
Title: Re: DF Malherbe
Post by: AB on June 22, 2012, 11:09:46 AM
sal probeer in hande kry en jou laat weet
Title: Re: DF Malherbe
Post by: AB on June 22, 2012, 12:13:24 PM
willa

Ek het kleinneef in die hande gekry en hy seg dis reg as jy kom draai maak om meer oor oom danie uit te vind. hy het so paar familie fotos en op klainmond in oom danie se huis, hans die skipper is die huis se naam, het hy nog geskrifte van oom danie ook.

ek sal vir jou sy besonderhede op jou inboks gee

Title: Re: DF Malherbe
Post by: Ah Willa on June 22, 2012, 06:17:27 PM
Dankie ek gaan beslis kontak maak ... is net so 20 min van my huis af :-)

Ek sal kom terug voer gee :-)
Title: Re: DF Malherbe
Post by: Meraai vannie Baai on October 04, 2016, 04:55:26 AM
Terwyl ek hier lees, is 'n besoeker besig om die plasing te druk. Wonder ek altyd van waar is ons gaste? Wens so hulle wil inloer en 'n woordjie los.  :icon_biggrin:
Title: Re: DF Malherbe
Post by: adele on October 04, 2016, 05:46:25 PM
dis 'n snaakse wêreld, hierdie virtuele blaaie waarin ons soos tussen planter deur, rondkuier. Op fb is daar ook blaaie waar duisende mense aan behoort en honderd elke dag alles like .... dan is daar blaaie waar net twee of driehonderd aan behoort en net 5 neem gereeld deel en like plasings. dan nis daar ander waar baie lede elke dag, of seker darem weekliks, like en saamskryf ... dan wonder ek wat hulle daar kry waar hulle so geniet.

Gaan lees die antwoord in die plasings .... dis soos daai kerke en gemeentes waar drieduisend mense elke sondag die dienste bywoon want hulle hoor waarvan hulle hou, wat hulle wil hoor .... maar waar predikers die ware God verkondig, met hemel en hel, sonde-besef en vergifnis .... daar is net enkele lidmate betrokke.

maar ek weet nie hoekom hierdie forum se gaste so sku is nie ....  :hello: