Die Afrikaanse Forum
Die Biblioteek => My gunsteling gedigte van die groot meesters => Topic started by: Ah Willa on June 20, 2012, 06:43:40 PM
-
Hier kan jy 'n lys vind van die meesters van gister en selfs vandag ....
http://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_Afrikaanse_digters
Dink ons moet ook ons se name daar kry ... maar ons moet eers solo-puliseer dink ek ...
-
Dankie Wils, dit is nou 'n wonderlike bron van inligting.
-
dankie Willa, :icon_study: ek is juis nou besig om deur ou meesters se werk te lees.
ek soek ook inligting oor antieke digkuns om as inleiding vir 'n praatjie oor gedigte te gebruik. en ja, ek was al op internet en het in 'n labirint van eeue verdwaal. :icon_scratch: waar kan ek sommer net, klaar in Afrikaans, iets kry?
:grommit:
-
Adele, ek het 'n boek oor oeroue gedigte, Engels, genaamd: Best Loved Poems. Kan nie die samesteller se naam onthou.
Weet nou nie of jy net Afrikaans wil he.
As jy meer inligting omtrent hierdie spesifieke bundel wil he, kan ek dit gaan uitkrap vir jou.
Dit is meestal Britse meesters, maar sommige, soos die datums meer in die 20e eeu voorkom, is meer lees- en verstaanbaar.
-
nee wat, ek soek sommer deur internet verder, ek moet einde Augustus 'n praatjie oor gedigte hou en wil die eerste paragraaf inlei met die feit dat gedigte en skrywers omtrent so oud soos die mensdom is. dis vreeslik interessant dat gedigte al deel was van die griekse en selfs mesopotamiese mitologie. tot 2000+ jaar VC se geskrifte word nou ontsyfer.
:grommit:
-
Ek het geGoogle - moet nog deur 'n paar links gaan - maar kom toe op die een intersante een af:
http://www.ve.org.za/index.php/VE/rt/printerFriendly/387/451
Hier is ook 'n gedig deur "Vos" .. nie seker of dit Phillip de Vos is nie maar lyk so - dis iets anders en besonders:
‘n Eietydse gedig oor die skepping
(Back to top)
n Opvallende kenmerk van die eietydse gedig is die soortgelyke reeks retoriese vrae sowel as bepaalde inhoudelike ooreenkomste en teenstellings met die Jobteks. Die eietydse gedig lui soos volg:
Skepping
In gesprek met Job 38
Wie het die aarde se lyf
met 'n maatband gemeet?
Wie het asem goddelik
in haar neus geblaas?
Wie hou haar knus in sy handholte?
Wie het skares van alle uithoeke
genooi om met vlae en feesklere
sonder vloeke en gewere
tot nanag te dans?
Wie het die hemel ruim oopgespan
soos 'n spieí"l wat helder vlam?
Wie versluier dí¡í¡r raaisels
en wie laat sterre saans smeul?
Wie het die duisternis
soos 'n lyk in doeke toegevou?
Wie het klokke vir eerste lig gelui?
Wie het die rooidag met harp en fluit
langs die berg se sy wakker gemaak?
Wie het die rasende see gesus
toe sy ruisend en uitspattig uit
die moederskoot gespartel het?
Wie het met die donderwolk
'n kleed vir haar geweef
en met donkerte 'n doek?
Wie het die stormwind
uit sy skuilplek gejaag?
Wie het wolke vol water
oor die aarde laat dreun
totdat hulle nate lostorring?
Wie het die stoorkamers
vir sneeu en hael gebou?
Wie het deure oopgesluit
vir die dag wanneer bloed
in die strate loop?
Wie stuur engele op mense se paaie
vaag met littekens van doodswonde?
Wie sien raaisels in 'n spieí"l?
God weet
nie die mens nie.
(Vos ongepubliseerd)
In die Afrikaanse skeppingsgedig kom die retoriese vraag 'wie?' 17 keer voor. Elke vraag veronderstel 'n antwoord: God. Dií© antwoord kom egter uit die skepping. Daarom word die skepping in sy rykdom en misterie verken. Die aarde word as 'n vrou voorgestel. Haar lyf is deur God gemeet. Meer nog, Hy het sy asem in haar neusgate geblaas. Dít gee te kenne dat sy haar lewe van Hom ontvang. Nie net gee Hy aan haar lewe nie, maar Hy hou haar ook knus in sy handholte. God is dus ook 'n sorgsame Vader.
Mense van alle uithoeke word genooi om oor haar bestaan fees te vier. Alle ......
-
Die Diggie hier onder oor die Skepping is dalk eerder Cas Vos
http://www.cas-vos.be/
-
'n Retoriese vraag is juis 'n vraag waarvan die antwoord voor die hand liggend is.