Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: Ah Willa on June 13, 2012, 05:04:30 AM

Title: nuwe rekenaar terme :-)
Post by: Ah Willa on June 13, 2012, 05:04:30 AM
Ah,Willa! noem dit:

laptop : knoppiedrukkerboek
pc      : knoppiedrukkerkasenskerm

 :evil6:

Title: Re: nuwe rekenaar terme :-)
Post by: PM on June 13, 2012, 07:30:30 AM
Tong in die kies kom ek sê wat ek dit noem.

Laptop - skootbrakkie
PC - my beste vriend 
Title: Re: nuwe rekenaar terme :-)
Post by: Ah Willa on June 13, 2012, 07:37:18 AM
 :toothy4:
Title: Re: nuwe rekenaar terme :-)
Post by: Ah Willa on June 14, 2012, 05:14:16 AM
Raaitjie hier is 'n mooi bewaar woord:

Eddie Davey: My seuntjie noem 'n PC 'n Verneukenaar!

https://www.facebook.com/groups/450415161637979/456142987731863/?notif_t=group_comment
Title: Re: nuwe rekenaar terme :-)
Post by: Naas on June 14, 2012, 08:39:43 AM
Klink vir my na 'n getroude man wat rondloop. Of is dit nou 'n verneukyhaar?






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: nuwe rekenaar terme :-)
Post by: Ah Willa on June 20, 2012, 05:07:33 PM
Ek glo hy is getroud ja - en hy loop rond op die forums, maar hy vry nie los rond nie ..
hy lief net woorde soos ons Naas :-)
Title: Re: nuwe rekenaar terme :-)
Post by: Ah Willa on June 20, 2012, 05:09:33 PM
Ah,Willa! noem dit:

Ah,Willa! noem dit:

laptop : knoppiesboek
pc      : breinenskerm



was eers lank:

laptop : knoppiedrukkerboek
pc      : knoppiedrukkerkasenskerm
Title: Re: nuwe rekenaar terme :-)
Post by: Hannes on August 12, 2013, 04:47:47 PM
Dit is soms nodig om bietjie breër navraag te doen.  Ek wonder wat mens kan gebruik as 'n oorspronklike Afrikaanse term vir "Twitter" of "Tweet"?
Title: Re: nuwe rekenaar terme :-)
Post by: PM on August 13, 2013, 08:08:08 AM
Welkom Hannes.   :hello2:

Dit klink vir my na 'n "eggo" en as ek aan Loslip dink laat dit my aan 'n "kringfluit" dink. 
Title: Re: nuwe rekenaar terme :-)
Post by: Naas on October 09, 2021, 07:27:52 AM
Hannes, as ons twitter kwetter ons in afrikaans. Dan kan ons van tweet dalk kwet maak.

Title: Re: nuwe rekenaar terme :-)
Post by: PM on October 10, 2021, 05:04:35 PM
Hannes sê: PM het mos 'n tweety gekoop. Is dit dan nou 'n twettie?