Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 30, 2012, 06:54:11 AM
-
Hierdie gedigstruktuur bestaan uit drie verse en die vereiste rymvorm laat die skrywer behoorlik kopkrap, sodat die gedig nog vloeiend as eindproduk voorgesit kan word aan die lesers.
Eerste vers het 5 versreëls.
Tweede vers het 4 versreëls
Laaste vers bestaan uit 6 versreëls.
Die eerste versreël van vers 1 word beskou as die (R) oftewel 'Refrein'
Hierdie R versreël word dan ook as laaste versreël in beide vers twee en drie herhaal.
Die skrywer kan ook net die eerste gedeelte van versreël 1 gebruik as refrein.
Ek het verkies om die hele eerste versreël as (R) te gebruik.
Die rympatroon wat gevolg moet word is as volg:
Vers 1: a (R), a, b, b, a
Vers 2: a, a, b, R
Vers 3: a, a, b, b, a, R
VOORBEELD:
Engele Stemme
Vandag het ek hul' weer sag gehoor:
engele stemme in 'n koor.
Verruk, maar tóg ook bang;
het ek geluister na hulle sang
en só het die duiwel, wéér sy stryd verloor.
Refreine, met waarhede wat deurboor.
Harmonie wat meevoer in 'n spiraalspoor
so brand die traanpad oor my wang,
want vandag, het ek hul' weer sag gehoor:
"Julle het hom teen die kruis vermoor"
weerklink die skalpelwoorde in my oor
en in elke hoek van my siel, smág die rou-verlang
om stoïsynse beelde uit te wis; die galsmaak wrang
tog was álles so beskik - sing die engele koor;
vandag het ek hul' weer sag gehoor.
© Meraai vannie baai
Hier is ons eie Trappies se voorbeeld:
Trapsoetjie: My liewe kleine Mossie. 15/01/2011 (Rondeau)
Met trots kom sy aan geloop
Amper in die swembad gedoop
Bewe van pure onnoselgeit
Met ogies wat pleit
So het sy amper haar lewe verkoop
Toegevou in hoop
Senu ontknoop
Bly dit nog ‘n feit
Met trots kom sy aan geloop
Bou skuiling halfoop
My hart is klaar verkoop
Tot my eie spyt
Sal ek myself seker nog verwyt
Soos is prentjie in my vasgeknoop
Met trots kom sy aan geloop
*Hy/sy het dit toe tog nie gemaak nie.
© Trapsoetjie
-
PM se voorbeelde:
Ek het nie 'n naam vir hierdie gedig nie. Help!
Daar heers ‘n stilte,
‘n magiese kilte,
dan klap ‘n knal van bowe,
eggo deur berge en klowe,
weergalm oor die bulte.
‘n Gil wat bloed laat stol
kom oor die vlaktes aangerol.
My siel word koud.
Daar heers ‘n stilte.
Ek bevind my voor ‘n ma
wat op haar knieë, kermend kla;
In haar arms toegevou
is haar kind wat sy hou
en nog ‘n bliksemstraal!
Daar heers ‘n stilte.
© PM
*Matertjie let net op na die vereiste rympatroon:
Vers 1: a (R), a, b, b, a
Vers 2: a, a, b, R
Vers 3: a, a, b, b, a, R
Jou (a) rymwoord is ..ilte
Jou (b) rymwoord is ..owe
Hierdie rymvorm moet deurgaans toegepas word.
Ek het hierdie uit die woordskuur gaan haal wat ek lankal bewaar het:
Piet Magriet: ‘n Liedjie vir my liefieding.
O my liefling, o my liefling
jy bly nog my kosbaarste ding.
So sal ek jou altyd vertrou,
dig in my hart toegevou
sal ek jou deug altyd besing.
Ek ag jou hoog en nie gering.
Verseker’s jy my gunsteling.
Ek bly steeds jou dankbare vrou,
O my liefling!
Jare het ons nader gebring,
vandag is ons soos ‘n eenling.
Mag ek jou nog jare behou,
my dag sal leeg wees sonder jou.
Tog, ‘n sirkel loop in ‘n kring?
O my liefling!
En een vir die grap.
* Proboskis is die benaming vir 'n lang slurp (soos 'n olifant s'n of 'n lang neus, soos myne )
Slaap, o wondersoete ding!
Ek sit hier en gaap
Soos ‘n proboskisaap*
Ek kyk twee rye spore
Is moeg tot oor my ore
ek moet nou gaan slaap
ek sit hier en ginnegaap
moet myself nou opskraap
my hande is al bevrore
ek sit hier en gaap
in die vêrte blêr ‘n skaap
hy is honger en dors die knaap
die ys lê dik op die vore
daar is geen graan in die store
vandag gaan ek beslis verslaap
ek sit hier en gaap.
© Piet Magriet
-
Eggoknal
-
Dankie Raaitjie, hier het ek nou lekker uit die bus geval. Ek wil nie die woorde verander nie, so ek sal hierdie een onttrek van die Rondeau Struktuur. Sal dit maar net 'n gewone ou skryfseltjie maak. :icon_biggrin:
-
O ja!! Absoluut moet dit behoue bly :love7: :hello2: