Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 21, 2012, 11:55:33 PM

Title: Gaan bietjie plaastoe
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2012, 11:55:33 PM
 :icon_bigsmurf: Klop klop, net gou boodskappie hier onder die forumdeur instoot: ek gaan weer weg wees vir so paar dae. Gaan plaas toe na Kind & kie en die naweek is rodeo naweek. Sien julle DV weer volgende week  :coffee2:
Title: Re: Gaan bietjie plaastoe
Post by: Ah Willa on May 22, 2012, 02:36:58 AM
Raaitjie .. ons wil plaas koop .. maar daaikant is 'n plaas ... ons bring ons tente en woorde ...
ons moet nog net 'n vliegtuig en loots (ek kan nie die ander woord gespel kry nie, die een wat met v begin en op nier eindig)
met regstellende aksies aanstel ... in die ou transvaal het hulle verwys na high en jack en ont en voer  :notworthy:

ha ha

Geniet elke oomblik op die plaas en moet nou nie van die perd af val nie
Title: Re: Gaan bietjie plaastoe
Post by: PM on May 22, 2012, 07:58:06 AM
Lekker glimlag ek vir jou "vliegenier-woord" en die ander "kriptiese notas" Willa. Ouilik!

Geniet dit Raaitjie en kom gou weer veilig terug. 


Title: Re: Gaan bietjie plaastoe
Post by: Ah Willa on May 22, 2012, 10:37:32 AM
die woord wat ek nie gespel kry nie nie is vliegenier sonder die ge :-)
Title: Re: Gaan bietjie plaastoe
Post by: Naas on May 22, 2012, 11:07:12 AM
Ah Willa, in Afrikaans verander die Nederlandse "ge" soos in vliegenier na 'n  "ë" so vliegenier word vlieënier.
Vlieger word vlieër
Spiegel word spieël, ens



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gaan bietjie plaastoe
Post by: Ah Willa on May 22, 2012, 11:13:12 AM
Daar herken my gevriesde Einstein brein die woord-patroon : vlieënier

dis wat ek wou skryf instede van daai lelike woord loots :-)

en nou het ek nog iets geleer wat ek nie geweet nie .. van die ge wat "ë"  in Afrikaans vanuit Nederlands geword het

GROOT dankie leermeester Naas - my brein klap hande, want geld vir Uni is daar nie en 'n brein moet leer om jonk te bly  :hello2:
Title: Re: Gaan bietjie plaastoe
Post by: Meraai vannie Baai on May 27, 2012, 11:35:11 PM
Wyd glimlag ek weer diekant  :toothy4: Willa die 'plaas' diekant is eintlik in julle terme meer 'n kleinhoewe of 'estate' soos hulle dit op die bordjie aandui  :icon_biggrin: Groot genoeg vir baie gesinne as die nood druk.

Naas jy het alles so pragtig verduidelik  :notworthy:
Title: Re: Gaan bietjie plaastoe
Post by: Ah Willa on May 28, 2012, 12:34:21 AM
ons kyk nou na 'n "estate/kleinhoewe "   dis maar net 3 miljoen Rand ...
maar ons sal baie honne kinders kan foster
kinderpartytjie event - met diere ...
ek sal 'n health clinic kan run
en Andre nog steeds sy kantoor in die huis kan he ..


net 3 miljoen rand .... BID - wonderwerke gebeur nog ...

en as nie .. kom ons met rugsake en tente oor na julle estate toe  :hello2:
Title: Re: Gaan bietjie plaastoe
Post by: Meraai vannie Baai on May 28, 2012, 02:58:45 AM
Oi Willa, ons sal saam bid met julle hoor!! Hierdie kant van die aardbol kos so stukkie grond jou omtrent so $450 000 toe ek dit wou omskakel na Rande het my hart amper gaan staan  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gaan bietjie plaastoe
Post by: Ah Willa on May 28, 2012, 09:14:22 AM
Ons het gekyk na plasies in New Zealand - scary ... as die headhunters Andre soontoe stuur, sal ons seker maar nog stads jappies wees ...

hier in SA het grond duur begin bulk ... nie net in dolars nie, maar ook in bloed ... en tog  in vergelyking met die res van die wereld nog menslik beskotigbaar ... siek wereld vir seker!