Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Helpmekaar => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 01, 2012, 12:33:41 AM

Title: Hoe om sigaretbrandmerke te verwyder :)
Post by: Meraai vannie Baai on May 01, 2012, 12:33:41 AM
KREATIEWE TONG-IN-DIE-KIES RAAD: 
*Hoe om 'n sigaret-brandmerk op jou duur mat te herstel

 1. Neem 'n suurlemoen en sny dit met 'n mes middeldeur.
 2. Druk die sap uit in 'n groot glas wat met helfte jenewer en helfte tonikum gevul is.
 3. Voeg ys by.
 4. Drink genoeg sulke glase totdat die brandmerk op die mat uit fokus begin lyk.
 5. Skuif dan die sitkamerbank oor die merk.

 :toothy4:
Title: Re: Hoe om sigaretbrandmerke te verwyder :)
Post by: Naas on May 01, 2012, 10:21:54 AM
Wragtag. Dit kan werk. As die brandkol op die sitbank trek jy die mat oor die sitbank?



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe om sigaretbrandmerke te verwyder :)
Post by: PM on May 01, 2012, 05:23:04 PM
 :icon_biggrin: Met eish ja, maar nie te veel nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Hoe om sigaretbrandmerke te verwyder :)
Post by: Ah Willa on May 03, 2012, 04:38:02 AM
Gelukkig het ek die WC besoek net voordat ek hier gelees het ...

WC = Watercloset - in goeie-Afrikaans - die ablusie eenheid en in boere-Afrikaans - die piepiehuis  :toothy4:

hoe lag ek vir die brandkol wat na alkohol out of focus gaan    :wav:
Title: Re: Hoe om sigaretbrandmerke te verwyder :)
Post by: bloubefoeterd on June 14, 2012, 11:07:48 AM
Beste blerrie raad ooit!