Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on March 18, 2012, 05:57:22 AM

Title: 'n Kamermaat kan jou lewe versuur
Post by: PM on March 18, 2012, 05:57:22 AM
My optelkind besluit toe sy gaan 'n kursus doen en beland saam met twee ander meisies in dieselfde kamer. Die een dring daarop aan dat die ligte om tienuur in die aand moet uit wees, want madame moet haar "beautysleep" inkry en dan snork die ander een so dat niemand kan slaap nie.  Daar is ook nie genoeg spasie in die klein plekkie vir elkeen om 'n lesenaar te hê nie, hulle moet op hul beddens sit met die rekenaar op die skote? 
Alles is altyd slordig en elke keer as sy die badkamer wil gebruik moet sy dit self skoonmaak.
Hoeveel moet 'n mens verduur voordat jy jou speelgoed uit die kot uit gooi?

Title: Re: 'n Kamermaat kan jou lewe versuur
Post by: Ah Willa on March 18, 2012, 01:53:16 PM
Dit hang af wat vir jou belangrik is : jou eie doel/gemak/rigting of die hart van 'n ander mens - maar 'n vloermaaitjie sal ek nooit wees nie, soms moet jy maar 'n hart laat breek  :love7:
Title: Re: 'n Kamermaat kan jou lewe versuur
Post by: Meraai vannie Baai on March 19, 2012, 04:29:54 AM
Gawie sal hier kan kom getuig van haar Meisiekindjie se soortgelyk probleme!
Title: Re: 'n Kamermaat kan jou lewe versuur
Post by: PM on March 19, 2012, 10:20:17 AM
Ek dink soms moet jy ingaan en die deur van binne sluit!  :sign10: