Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Liedjies uit die oude doos => Topic started by: Naas on May 04, 2011, 12:52:03 PM

Title: Pollenys, Pollenys
Post by: Naas on May 04, 2011, 12:52:03 PM
Pollenys, Pollenys, jou lieflike ding,
dis oor jou, dis oor jou wat ek so sing.
Ek hou my lyf so vol dingetjies
en ek dans met die tannie met die sewe ringetjies.

Oom Jannie Pieter Groentjie, om wie moet ek dink?
Ek dink net aan jou en aan niemand meer.
Die dak is van strooi en die muur is van klei.
En elkeen wat kom, die wil daar in bly.

Lank is die seun en kort is sy pa,
mooi is die dogter en lelik is haar ma.
Hoog is die solder en laag is die vloer,
as jul daar gaan opsit gaan ons vir jul loer.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pollenys, Pollenys
Post by: PM on May 05, 2011, 09:42:14 AM
 :hello2:  Baie dankie!  Jy voer my terug na beter dae!   :icon_biggrin: