Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Tradisionele geregte => Topic started by: PM on March 30, 2011, 02:53:31 AM
-
Braai ‘n groot ui in baie botter met knoffel en speserye.
Voeg nou die hoenderlewertjies daarby, braai totdat dit nie meer rooi is nie.
Gooi genoeg vars room oor om dit goed klam te maak.
Bedien dit op 'n lekker dik sny tuisgemaakte bruinbrood.
Dit is heerlik verby.
Wenk: Hoenderlewertjies moet nie oorgaar gemaak word nie.