Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Spelling => Los- en vasskryf van woorde => Topic started by: PM on January 09, 2012, 07:50:51 AM

Title: Herman Toerien se "los en vasskryf"
Post by: PM on January 09, 2012, 07:50:51 AM
Kom ons toets die teorie van Herman Toerien.  Hy sĂȘ wanneer 'n mens 'n die voor die woorde kan plaas, is dit een woord.  "Die sit die kamer is sitkamer."
 
Title: Re: Herman Toerien se "los en vasskryf"
Post by: Naas on January 09, 2012, 03:03:10 PM
Jy verstaan klein bietjie verkeerd: Wanneer jy "die" voor sit kamer kan sit is sitkamer een woord. Dit gaan nie oor die woorde wat saamgevoeg gaan word nie maar eerder die woord wat gevorm gaan word.
Enige naamwoord wat op 'n lidwoord ('n of die)volg word as een woord geskrywe.
'n Linkeroogvervoermaatskappyverenigingsvoorsitterstoelpoot het morsaf gebreek toe die linkeroogvervoermaatskappyverenigingsvoorsittersvrou daarop gaan sit.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Herman Toerien se "los en vasskryf"
Post by: adele on January 09, 2012, 05:12:38 PM
Ek kan net dink watter wonderlike onderwyser jy is, my vriend,  om enige iets so interessant te verduidelik.   :icon_biggrin:
  :grommit:
Title: Re: Herman Toerien se "los en vasskryf"
Post by: Chichi on January 09, 2012, 07:03:49 PM
is Naas 'n onderwyser?
Title: Re: Herman Toerien se "los en vasskryf"
Post by: Naas on January 09, 2012, 08:51:17 PM
Natuurlik Chichi. As ek 'n vrou was was ek 'n sonderwyser.   :angel4:










 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Herman Toerien se "los en vasskryf"
Post by: PM on January 10, 2012, 05:56:21 AM
 :icon_biggrin: Danie Naas.  Daar skrik ek nou myse die sit skoon af.   :icon_biggrin:
Ek is regtig bly jy is 'n onderwyser.   :icon_biggrin:
Title: Re: Herman Toerien se "los en vasskryf"
Post by: Meraai vannie Baai on January 10, 2012, 07:25:30 AM
Ek het oor en oor geloer en  :icon_scratch: Nou verstaan ek ook van 'die' die  :icon_biggrin: Pragtige tameletjiewoordsamestellingsvoorbeeld Naas  :notworthy: :icon_salut: :book1:
Title: Re: Herman Toerien se "los en vasskryf"
Post by: adele on August 02, 2016, 05:31:34 PM
   :icon_biggrin:   :icon_biggrin:  kry ek nou eers weer my lagsessie vir die week ....

Title: Re: Herman Toerien se "los en vasskryf"
Post by: PM on August 03, 2016, 10:26:31 AM
Die tongindiekiesgeselsies is altyd lekker.