Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Taalhulp => Topic started by: adele on January 02, 2012, 11:30:28 AM

Title: / of \
Post by: adele on January 02, 2012, 11:30:28 AM
/ of \

é, ò ens.

wanneer gebruik mens watter rigting, alleen of bo-op letters?

 :grommit:
Title: Re: / of \
Post by: Naas on January 02, 2012, 01:02:33 PM
Akuut en gravis is hulle name.
Akuut (soos in jou naam) word die klinker oorbeklemtoon terwyl die gravis die klinker "onder" beklemtoon. M.a.w. Wanneer die akuut gebruik word (é) le jy klem op die klinker deur hom bietjie harder en langer uit te spreek terwyl die gravis (è) aandui dat die klinker skerp en kort uitgespreek word.
Ek het nie die vaagste benul waarvoor \ gebruik word nie behalwe as rekenaartaal nie.
Hoop dit gee bietjie duidelikheid.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: / of \
Post by: adele on January 02, 2012, 04:29:22 PM
Dankie! nou kan ek weer aangaan met tik. Het regtig nie geweet nie, as dit op skool vertel was, kan ek dit gladnie onthou nie.  (()) vir jou.
 :grommit:
Title: Re: / of \
Post by: Louis on January 02, 2012, 05:08:58 PM
in engels vertel ek beter
a forward slash is a punctuation mark and a backslash is a typographical symbol used in computer programming
Title: Re: / of \
Post by: adele on January 02, 2012, 05:25:48 PM
Dankie Louis. Dit beteken dat 'n \ nooit in gewone skryftaal gebruik word nie?  nogal interessant wanneer mens al die nuwe dinge saam met rekenaars leer.
 :grommit:
Title: Re: / of \
Post by: PM on January 03, 2012, 04:54:02 AM
/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/  Lyk soos die draaitjies wat my omkapmasjien maak.   :icon_biggrin:
Dankie vir julle inset, nou weet ek ook.   :notworthy:
Title: Re: / of \
Post by: adele on January 16, 2012, 09:20:48 PM
hier is 'n aanhaling uit 'n ou-ou skoolhandboek wat ek onlangs gekry het nl:

Die Lewende Taal
Afrikaans as Moedertaal vir die Sekondêre kursus
(standerds 9 en 10)


Hoofstuk twee behandel leestekens en so lui die volgende:

                                             (ix) Die Aksenttekens (` en ' )
      Die aksenttekens toon aan dat 'n woord beklemtoon moet word.

(a) Die gravisaksent (`) staan bo kort klinkers:
      ...èk het dit gedoen.

(b) Die akuutaksent (') staan bo lang klinkers soos aa, ee, waarby ook ingesluit word ou, oe, ie, ens:
      Dáár loop hy. Hy woú mos. Hiér is my geweer.


                                                (x) Die Caret  ( ^ )
[maar dit moet onder staan, nie bo in die lug hang nie, ek kry nie so 'n alt-kode nie.]

Die Caret is die teken wat aantoon dat 'n woord op daardie plek uitgelaat is, bv.: Ek het die (siek)^ man gesien.


Hierdie boek is té oud vir vandag....

 :grommit:

Title: Re: / of \
Post by: Stof on January 17, 2012, 12:36:41 AM
Die \ (Alt 139) word dikwels as aksent gebruik, teenoor die / (Alt 130) wat veral in sekere Afrikaanse eiename, die laaste vokaal se uitspraak versag van 'n E na EI.  139 is dus 'n versterking, en 130 'n versagting.  Hierdie is bloot een verskil.  Daar sal nog baie ander ook wees.
Title: Re: / of \
Post by: PM on January 17, 2012, 07:56:49 AM
Gebruik klemtekens net op vokale: a, e, i, o, u, y) eenklank en tweeklanke
(aa, oe, ee, eu en ou).
Om te beklemtoon word die akuut (ʹ) hoofsaaklik gebruik:
op een klank: ná, só, nóg, óf én
op albei vokale van ’n tweeklank: móét, méér en nóú,
      behalwe waar een van die vokale ’n i is: dié en nié, maar wel op ’n enkele i: dít
net op die eerste van twee vokale waar daar ’n deelteken op die tweede is: réën
op twee van drie vokale as daar ’n deelteken op die derde is: kóéël, behalwe waar een van die vokale i is: spiéël

Soms word met behulp van die akuut (ʹ) tussen betekenisse onderskei:
ál meer (“steeds meer” – al meer (“reeds meer”)
dié (“hierdie”) – die (bepaalde lidwoord)
só, (“op die manier”) – so (vergelyking)

Voorbeeld: Ernie Els is op koers ná sy vierde oorwinning in die wêreld-putjiespel-toernooi...
ná moes nie beklemtoon gewees het nie, omdat hy nog nie die oorwinning behaal het nie.