Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on December 13, 2011, 05:17:19 AM

Title: Ken jy enige staatmakers?
Post by: PM on December 13, 2011, 05:17:19 AM
Wat is 'n staatmaker en het jy van hulle in jou lewe?
Title: Re: Ken jy enige staatmakers?
Post by: Stof on December 13, 2011, 10:49:11 AM
'n Staatmaker is die enkelinge wat in tye wat dit regtig nodig daar is.  In teenstelling met die meerderheid wat in woorde belowe hulle is daar, maar as nood kom, skielik kuikenpiep het.

'n Staatmaker is:
- Iemand wat, as toegang tot die Unisa biblioteek nodig is,  'n kwartmyl oor die kampus sal stap om sy outoriteit te kom gebruik om die amptenare reg te help oor hulle glipsie.
- Iemand wat sy eie program omverwerp om 'n stofluis te kom help uit 'n penarie as as 'n staatsdepartement hul natuurlike gedrag tentoonstel en die luis se sake heeltemal verkeerd hanteer.
- Drie enkelinge wat binne minute langs die Warmbad pad is as die luis se voertuig die dag siek word.  Nadat die ander wat selfs nader woon, geseg het hulle kan nie nou nie, die sepies is nou op TV...
- Iemand wat sy voertuig onbepaald vir die luis leen terwyl luis se Anše siek is.
- 'n Maat wat net op die regte tyd skakel wanneer 'n drukkie so nodg is.
- Iemand wat die behoefte aan koel voedselvervoer raaksien en dan die engele is wat 'n voertuig voorsien wat
   prima is vir die doel.
- Hulle wat 'n sestig kilometer draai sal ry, net omdat hulle graag die luis wil saamneem na 'n smul-eetplek.
- Die taxidrywer wat sy moruti gratis oplaai langs die pad omdat hy sien luis mafuta op die langpad toe hy verbyry.
- Elkeen wat, as die luis by hulle verbykom en hul sien dit kort 'n drukkie, nie bang is om met 'n luis geassosieer te word nie en daardie drukkie onvoorwaardelik gee.
- Die wat op 'n Saterdag-middag Wesfort toe sal ry met Bybels en negosie as die luis nie self instaat is om die vrag te laai nie.
- Enkelinge wat die luis se behoefte aan 'n bepaalde gewaad raaksien en dit dan verras met 'n oorspronklike weergawe ingevoer vanaf die land waar dit gebruik word.
- En 'n horde plakkers, wat as die bo-dorpers nie tyd het om saam te dra, ssam te bid en saam om 'n vuur te sit nie, hulle makuku's oopstel vir 'n luis.
- Daar is nog heelwat ander voorbeelde.  Hierdie is maar opsommend van die afgelope tyd.

Wie is nie 'n staatmaker nie?
Dit is hy wat voor jou, jou so smeer met heuning, dat jy drie maal moet stort om al die taai af te kry.  Maar minute later, die "allervleiende" eposse stuur aan ander waarin hy diegene waarsku teen die luis se inherente swak karakter.  Dankie aan die outeur van die epos.  Elkeen wat jou epos ontvang het, het self teruggekom en geraporteer dat hulle jou epos as 'n denkdisfunksie beskou.
Title: Re: Ken jy enige staatmakers?
Post by: Angelica on December 13, 2011, 08:30:24 PM
Staatmaker... nope.
Ek maak nie graag staat op enigiemand nie.  Die teleurstelling is te groot.
Ek vra ook nie graag nie.  Doen my ding en as ek nie dit self kan doen nie, bly dit.
Nope..  ek maak nie staat op iemand nie.
Maar as jy aanbied en dit kom uit jou hart, neem ek dit met graagte aan.

Title: Re: Ken jy enige staatmakers?
Post by: PM on December 13, 2011, 08:55:43 PM
'n Staatmaker vir my is heel eenvoudig.  Dit is net iemand op wie se knoppie jy kan druk as jy hulp nodig het.  "Drie enkelinge op wie se knoppie jy kan druk as jy hulp nodig het". Alla Stofluis!  Stof, jy is ongelooflik gelukkig om  DRIE  ENKELINGE  gelyktydig daar te kon hê toe jy hulp nodig gehad het!

As ons nie daar vir mekaar kan wees nie, wat is ons werd?

Toe ons in die Kaap was, het ons forumvriende (Naas en Trappies en haar gesin) vir ons alles beteken.    Toe Hannes siek geword het was hulle daar, om elke hoek en elke draai!  Ek kan 'n boek skryf oor hoe hulle ons bygestaan het.  Dit is sulke dinge wat 'n mens nie ligweg vergeet nie.
Hulle is staatmakers!

Ek wil maar net 'n kort tydjie afknyp om dankie te sê aan die staatmakers in my sirkeltjie.   Elke dag nog ervaar ek sulke moerse vriende en ek wens daar was 'n manier om dankie te sê.  Ongelukkig is woorde maar ontoereikend.  Nou gee ek maar net vir julle almal 'n drukkie.  Weet tog net dat ek julle elkeen waardeer.  Opreg waardeer!  Ek lief julle stinkend!

Ellé, hier is ware vriende!  Hulle kan net vir jou die nodige ondersteuning gee wat jy nodig het.  Ek belowe jou, hulle is die goud van die aarde!
Title: Re: Ken jy enige staatmakers?
Post by: Meraai vannie Baai on May 25, 2018, 08:38:05 AM
Ek wil ook dankie se vir die staatmakers in my lewe. Heel eerste my dierbare wederhelf, dan my skrywersvriende wat omgee en ondersteun in so baie opsigte. Naas, PM, Adele - julle is ware krukke in my lewe tussen lyne  :love7:
Title: Re: Ken jy enige staatmakers?
Post by: PM on May 27, 2018, 11:33:55 AM
Goeiste, hoe verlang ek nou na al die ouens van die Forum.  Ons het darem op 'n kol 'n spook uit die gange gekuier. 
Title: Re: Ken jy enige staatmakers?
Post by: Meraai vannie Baai on September 04, 2019, 11:13:45 PM
'n Spook uit die gang gekuier - lief dit! Sit saam jou in die mishoekie lief PM  :crybaby2: :dontknow: :munky2:
Title: Re: Ken jy enige staatmakers?
Post by: Assie on September 05, 2019, 12:55:46 PM
Oupa hou vol dat Ta ook 'n staatmaker is. Mens kan daarop staatmaak dat hy Maandagoggend laat gaan wees.

Julle sal nie weet hoeveel keer ek sommer so vir ure lank saam met die Forumgeeste deur die Forumverlede sit en blaai nie. Dan verlang ek dat my valstande kwyl na al die lekker van gisterjaar se skrywes en saam-woorde.

Dankbaar dat die griffels darem nie sal verdwyn nie en as daar weer so bietjie lewe is dans ek weer die lekkerkry-riel deur my grysmassas.

Hierdie forum is my staatmaker saam met elkeen wat nog bietjie raas hier.


 :mumum:
Title: Re: Ken jy enige staatmakers?
Post by: Meraai vannie Baai on September 06, 2019, 08:07:55 AM
Naas ek VOEL jou soos die kinders altyd se. Stem honderd persent saam. So dankbaar as ek sien hier kleinste ou liggie wat skyn - wil ook
daardie riel saam dans dan  :icon_biggrin: Ek verlustig my as ek so oor die skouers van ons besoekers lees. Besef dan weer van vooraf presies hoe lekker ons kon klets en speel met ons taal. So bitter kosbaar vir my. Veral hier in die vreemdes waar ek net Afrikaans met Outop gesels en ons ou kamp vrinde wat ons nou al hoe minder sien want almal is bang as hulle knieserig is om te kom kuier. Ons verstaan en waardeer maar dit laat die twee oues ook maar goed eensaam voel. Die forum was nog altyd een van die krukke in my lewe.
Title: Re: Ken jy enige staatmakers?
Post by: PM on May 06, 2020, 02:15:32 PM
Hoe dankbaar voel ek teenoor elkeen wat nog hier kuier.  Al is dit net tussen die gange.  Wat dink julle sal gebeur as ek vir Andre vra om die forum oop te maak vir almal?  Ek is seker hier sal dalk 'n paar antwoorde en saamkuier gebkeur.   :icon_scratch:
Title: Re: Ken jy enige staatmakers?
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2020, 11:14:32 PM
Ons sal nie weet voor jy 'n toetslopie gedoen het nie. Sal wonderlik wees as daar meer terugvoering is maar ons weet ook hoe naar en lelik die mens-spesie kan wees. Gelukkig is daar 'n delete-aksie vir die moderator(s)  :icon_biggrin:
Title: Re: Ken jy enige staatmakers?
Post by: PM on May 07, 2020, 01:08:48 PM
Ek sal met Andre gesels.  'n Mens kan dit altyd weer toemaak as jy sien dit werk nie.