Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on October 22, 2011, 04:22:30 AM
-
Die Njala
Ma,
hoe ken ek die verskil tussen ‘n bul en ‘n ram
‘n koei en ‘n ooi, of ‘n kalf en ‘n lam?
Ek sal graag wil weet
waar trek ‘n mens die streep.
As jy net mooi kyk en luister
is die saak gladnie so duister nie.
‘n Bul het ‘n koei en ‘n koei het ‘n kalf.
‘n Ram het ‘n ooi en ‘n ooi het ‘n lam.
Die verskil lê net mooi hier,
ons kyk na die grootte van die dier.
As jy al die diere bymekaar kan kry,
plaas jy hulle volgens grootte in ‘n ry,
van die kameelperd, die grootste gewis,
tot die steenbokkie wat die kleinste is.
Njala se kind kom nou in die middel
en siedaar, net daar lê die verskil.
Die Njalaman is ‘n bul,
maar die vrou is ‘n ooi.
Hy en alles groter as sy lyf
word as bulle beskryf.
Die Njalavrou is ‘n ooi.
Sy en alles kleiner as sy
word dus ooie genoem.
Is hierdie saak nog verbloem?
Mamma, verduidelik tog vir my mooi.
Die Njala-ma is nie ‘n koei nie maar ‘n ooi,
die Njala-pa is ‘n bul en nie ‘n ram nie,
is die Njala-baba dan ‘n kalf of ‘n lam?
Ai my diertjie, koeie het kalwers
en ooie se babatjies is lammers.
Hoe weet ma al hierdie dinge
van bulle het horings en visse het vine?
Bulle en ramme het horings,
ooie en koeie het spene,
sommige ooie en koeie het ook horings,
maar geen bulle en ramme het spene nie.
Hosanna! Kyk na die Savana!
Dis ‘n bokram daai ma!
Ek is ‘n kenner in die vak,
tot twee spene langs sy sak!
Nou sê my Ou Grote,
hoe weet jy al die goete
van dier het pote
en mense het voete
© Piet Magriet (2004)
-
Nou weet ek ook die verskil tussen 'n ram en 'n ooi en 'n bul en 'n koei.
Lekker gelag vir hierdie stuk.
-
Dit is 'n baie ou gediggie wat ek toentertyd op Woes geplaas het, wat in die boek geplaas word. Toe ontdek ek dit is nog nie hier nie.
Dankie Ellé, vir die lees en die komtaartjie. :love7:
-
Njala-bulle. Maar njala-ooie?
Koekemakranka
Dooie bloed!
Di's goed!
Moet nie skrik nie, dis nie die tyd wat gaan vassteek het nie dit is ek wat so slakstadig by jou werfie aangekom het.
Slaat my dood met die bloedkant van my blad dat ek nie eerder kon geweet het van jou nie! Noou moet ek lees en inhaal!
Baie dankie vir die saailandjie waar ons in ons winterdae kan stronkies optel vir warm maak!
Groetnis en mooi bly!
E-pos 5 jaar 1 maand 3 weke 5 ure oud
Blikkies het nou lekker gelag en gelees aan die gedig. Baie goed geskryf.
E-pos 7 jaar 2 weke 2 dae 20 ure oud
Bigfoot
Njala-bulle, Maar Njala-ooie?
Ek het heerlik gelag hieroor. Dankie, dis wonderlik om 'n slag na so 'n verduideliking te luister. Ek gaan ook 'n afskrif maak vir die oningeligte mense. Jy verduidelik dit soveel beter.
E-pos 7 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 2 ure oud
Piet Magriet
Dankie
Ek dink dit is by verre die lekkerste kommentaar wat ek nog by hierdie gedig gekry het.
Baie dankie.
PM
E-pos 7 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud
Liberate
Ag, waar is die dae toe mense met talent onderwysers was wat 'n biologie-les so interessant kon aanbied? Ek vat definitief dié gediggie saam as ek weer in die bos kom: dan check ek die bok, dan check ek jou krip-notas en dan praat ek saam soos iemand wat die bos ken. Ek gaan hom nou print en opswot.
E-pos 7 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud
annie
bietjie laat
met groot verwagting open ek jou laaitjie en vind vir njala daar, sjoe, maar dis "stunning" (ek soek nog so 'n lekker woord in afrikaans)
ek is self lief vir diere en het nog nooit so goeie beskrywing soveel geniet nie.
E-pos 7 jaar 9 maande 4 dae 9 ure oud
Vossie
Njala
Dit wragtig nooit geweet dat die Njala dit so skei nie!! Lekker gelees en maak beslis weer so. Dêm, nou moet ek weer probeer onthou... . Groetnis.
E-pos 7 jaar 10 maande 1 dag 19 ure oud
Mcfarlan
Vet groen brommer
Magriet die vetgroen brommer gaan in jou oor tjommel tot ek weer 'n nuwe gedig van jou lees. Broer brommer tjommel!
E-pos 7 jaar 11 maande 7 ure oud
Mcfarlan
Bulle en ooie
Stunning gedig. Piet Magriet jy kan maar!
E-pos 7 jaar 11 maande 1 week 2 dae 8 ure oud
Rina Greeff
"Teach..., our children well.." gaan 'n bekende ou liedjie: welgedaan!!
E-pos 7 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud
Piet Magriet
Meraai se kind
Ja-nee,
Ek kan sien, die appeltjies val nie ver van die boom af nie! Daar kan jy ook nou duidelik sien dat ons almal 'n produk van ons omgewing is! (Goed gedoen Meraai van die baai!!)
Ek wil net dankie sê vir die nuwe tegnologie wat die paaie tussen ons so kort maak. Werklik, elke dag dink ek aan iets anders waarvoor ek so opreg dankbaar is. Elke dag as ek wakker word is ek dankbaar vir my "neukenaar". Kyk net hoeveel nuwe vriende het hy vir my gemaak!!
Ek kan goed glo dat dit verslawend kan raak!! Ek is klaar in die moeilikheid omdat ek soveel tyd hier spandeer, maar oeeeee, dit is so lekker!!
Baie dankie vir die verwelkoming. Ek voel so klein!! So klein hier tussen julle groot kokkedore!
Liefies
Piet Magriet
E-pos 8 jaar 8 ure oud
Meraai vannie baai
Klop klop!!
Maak tog 'sebliefie gou oop want ek wil pampieretjie onder jou deur instoot en jou net 'remind' ons wag op plasing no 2 sodat ons PRESIES kan sien wat ons moet doen om te help rol aan die Afrikaanse bal vir hulle wat sukkel met ons geliefde moedertaal as leerling of student ... selle wat ... tussen die Woeste span is daar oplossing te kies en keur!!
E-pos 8 jaar 9 ure oud
Piet Magriet
Dankie Julle
Baie dankie vir julle kommentaar. Ek het nooit gedink ek sou so in afwagting sit en wag vir kommentaar nie!?
Dit voel vir my of ek "tuis gekom" het.
Baie dankie.
Piet Magriet
E-pos 8 jaar 10 ure oud
Meraai vannie baai
Welkom welkom!!
Nou kan ek jou amptelik verwelkom hier in ons Woeste groepie!! Jou eerste bydrae is soos vars briesie in ons midde en met hierdie kaliber en gehalte van digkuns wil ek nie weer hoor dat jy nie digter is hoor!! Jy KAN en MAG maar!! En ek slaap toe alte lekker terwyl julle dag daar oorkant het ... en mis uit om dit eerste te kon lees -- ai jai jai!
So kom agteros ook in die kraal en hier kom maak ek nou woeste esdraai. My voorreg om jou te kon leer ken ... mag daar nog vele woorddisse uit jou pen gebore word vir ons as lesers om te kom aansit en geniet!!
E-pos 8 jaar 19 ure oud
Arendsnes
Njala-bulle Maar Njala-ooie ?
Interessante gebruik van woorde, met 'n nuwe trant. Pragtig hou so aan.
Groetnis,
A.
E-pos 8 jaar 20 ure oud
annelie
welkom Piet Magriet!
jy't 'n lekker lag in my keel kom sit
ek is SEKER Robbie Wessels sal jou betaal vir die een vir sy volgende hitsong!
E-pos 8 jaar 1 dag 1 uur oud
-
Ek onthou hierdie so goed soos gister! :icon_salut: :notworthy:
-
Ek het daar begin net toe jy begin weg beweeg het daar. Maar ek hou hiervan.
-
Ek het hier kom lees om kers op te steek vir my dieregediggie. Toe kom ek op al die komtaartjies af wat ek van Woes afgetrek het.
Twee jaar of so gelede het iemand my daarvan beskuldig dat ek van sy versreels gesteel het om in my gedig te gebruik. Dankie tog vir hierdie plasing, want ek kon bewys dat my gedig drie jaar voor syne verskyn het. Dit help partykeer om jou eie beuel te blaas. :color:
-
Het ek nou ver teruggestap... die datums daarby is kosbaar PM! So dankbaar jy het dit bewaar. En ja, soms (veral wanneer jy beskuldig word dat jy plagiaat gepleeg het) moet 'n mens jou eie beuel blaas :love7: :notworthy:
-
Dit was ook kosbare kuiers daar. Ek lees hierdie komtaartjies en verlang my oor 'n mik na ons vergete maats.