Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Liedjies uit die oude doos => Topic started by: Naas on October 03, 2011, 07:31:17 PM

Title: Pieringoog se pa
Post by: Naas on October 03, 2011, 07:31:17 PM
Skrywer Naas Breytenbach
(Langpadliedjie opgemaak om my kinders te vermaak.)

Pieringoog se pa het ‘n GT ossewa
Bo-op op die wa sit ou Pieringoog se ma
Agter op die briek skree ‘n vet ou koringkriek
Voor aan die tou loop ou Pieringoog se vrou

Pieringoog se sus het ‘n dubbel tramway bus
Bo-op op die dak le sy suster se sak
Agter op die vloer sit pieringoog se broer
Voor aan die stuur sit die drywer met ‘n bier

Pieringoog se broer het ‘n motorfiets wat roer
Bo in die tenk gooi hy petrol wat stenk
Agter op die saal ry Sannie de waal
Voor op die briek skree daar nog ‘n koringkriek

Pieringoog se oom het ‘n bootjie sonder boom
Bo-aan die mas is sy onderbroekie vas
Agter op die bank sit sy tante en tjank
Voor aan die hoek spook ‘n moerse Kaapse snoek.

©
Wysie van "Emma Koelema"

  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pieringoog se pa
Post by: Meraai vannie Baai on October 04, 2011, 01:37:09 AM
Pragtig Naas!! Ekke beleef dieselfde vreugde as toe ek dit die eerste keer gaan bewaar het :notworthy:
Title: Re: Pieringoog se pa
Post by: PM on October 04, 2011, 03:54:12 AM
Dit is kostelik.  Ek sal dit weer en weer en weer 'n keer lees.  Kry nooit genoeg van die woordkoek nie.