Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Groente => Topic started by: PM on March 30, 2011, 02:04:45 AM

Title: Rys met spinasie en tamatie
Post by: PM on March 30, 2011, 02:04:45 AM
Rys met spinasie en tamatie

Bestanddele

2 e Olyf Olie
1 Ui fyn gekap
1 t Knoffel fyn gekap
3 k Hoender aftreksel
2 e Tamatie Puree
1 k Tamatie gekap
½ k Fyngekapte Spinasie
1 k Rys

Metode

Verhit die olie in pan
Voeg die ui by en braai tot sag
Voeg knoffel saam en braai vir nog 2 minute
Voeg al die ander bestanddele by
Verminder hitte sit deksel op
Prut vir 25 tot 30 minute totdat rys sag is en meeste vloeistof weg is
Bedien warm.