Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Hoe werk die program? => Topic started by: PM on October 03, 2011, 09:03:18 AM

Title: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: PM on October 03, 2011, 09:03:18 AM
Omdat ek half blind is en sukkel om te lees, het ek hard geroep vir hulp en Lox het met die antwoord gekom.
Hou CTRL in en rol die muis se wielietjie vorentoe vir groter en agtertoe vir kleinder kleiner.  Dit werk vir my op enige program of op die internet.  Ek sal nooit weer gefrustreerd wees omdat ek nie kan sien wat daar geskryf staan nie.
Dankie Lox.
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: Meraai vannie Baai on October 03, 2011, 09:23:51 AM
As ekke nie so werk nie, kan ek niks sien nie!! Dit is naas woorde en klikbekkies een van die groooot plesiere in die lewe vir my. Om behoorlik te kan sien  :love7: so ek deel jou vreugde matertjie.
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: Naas on October 03, 2011, 09:42:49 AM
My rekenaarmuis se wieletjie is asaf en werk nie meer nie.
Sonder my bril kan ek nie eers my eie gedagtes lees nie. As ek iets my kop uit ken moet ek kontaklense insit anders wasig dit net deur my ogies.
Ek wil by Lox weet wat ek as man moet doen. Hoe kry ek nou my gedagtes in groter skrif as my bril by die huis gebly het? Ek dra mos nie 'n muis saam met my nie.
Help Lox.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: Meraai vannie Baai on October 03, 2011, 09:55:31 AM
Hahahahah ...bulder ek diekant alweer  :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: Gawelina on October 03, 2011, 10:06:12 AM
my muis rekenaar se muis het nie wieletjies nie.  :icon_scratch: Wat moet ekke doen?
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: Naas on October 03, 2011, 10:12:12 AM
Ai Gawie, lyk my ons twee moet ons muise gaan inruil vir jonger modelle.






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: Meraai vannie Baai on October 03, 2011, 10:13:05 AM
Smaak my dan mos julle sal daai muise moet bloots ry  :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: PM on October 03, 2011, 10:36:55 AM
 :icon_biggrin:  Dalk is hier 'n slim plan vir myse sonder muise met wielietjies.   :icon_biggrin:

Hoe kan hulle nou muise bloots ry wat nie wielietjies het nie.  Hulle sal moet ski!   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: Chichi on October 09, 2011, 09:25:42 PM
Ek is baie lief vir ouer mense wat mooi kan werk met rekenaars en dan sulke oulike toertjies nog ook leer!! Ai dink ek moet 'n lysie saamstel en jou van nog goetertjies vertel wat sal help PM!!!
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: PM on October 11, 2011, 05:18:47 AM
Dit sal wonderlik wees Chichi.  Dit gaan moeilik met die tegnologie.  Selfone, decoders, TVs en rekenaars, alles wat knaend verander.  Net toe ek gedink het ek en Vista is onafskeidbaar, toe is ek gedwing om oor te skakel na Windows 7.  Ek weet soms nie of ek moet staan om dit doen, of  moet ek sit om dit doen nie.  (Of ek Jannie of Sannie is nie.)
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: Chichi on October 24, 2011, 08:10:58 PM
hehe PM, windows 7 is baie meer userfriendly as vista....
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: PM on October 25, 2011, 03:56:19 AM
Almal sĂȘ so matertjie.  My rekenaar is beslis vinniger, al is ek nog stadig om al die funksies raak te loop.   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Maklike manier om die skrif groter te maak.
Post by: Chichi on October 25, 2011, 03:27:22 PM
hehe  :icon_biggrin: ag wat jy sal dit nog alles kry!