Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: adele on September 29, 2011, 12:01:14 PM

Title: Boer
Post by: adele on September 29, 2011, 12:01:14 PM

Die vliegtuig was op pad na die OR Tambo Lughawe toe dit in 'n geweldige storm invlieg. Dinge word al rowwer, en een van die vlerke word deur weerlig getref. Een van die vroue op die vlug haak heeltemal uit. Sy gaan staan voor in die gang en skree:

"Ek is te jonk om te sterf! Maar ek het een laaste wens as dit Dan moet: Is hier enigeen op die vlug wat my vir oulaas soos 'n VROU kan laat voel?"

Stilte. Almal kyk na haar. Toe staan 'n Vrystaatse Boer agter in die vliegtuig op en stap vorentoe. Hy is aantreklik, lank en sterk gebou. Hy stap tot by die vrou, en knoop sy hemp stadig Los. Niemand praat of roer nie. Almal staar na hom en sy gespierde bolyf.

Sy snak na haar asem.

Hy fluister saggies: "Stryk my hemp, en bring vir my 'n koue bier."

Title: Re: Boer
Post by: PM on September 29, 2011, 12:45:17 PM
Foeitog, 'n mens moet dink voordat jy praat!   :icon_biggrin:
Title: Re: Boer
Post by: Chichi on September 29, 2011, 08:55:03 PM
hehe ek sal nie sy hemp wil stryk as hy aantreklik land en sterk is nie... sal hom sommer net help uit trek haha
Title: Re: Boer
Post by: PM on October 01, 2011, 01:49:25 PM
Eish!  Vrystaatboere weet net van mielies plant.  Hulle berei mos nie self die grond voor nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Boer
Post by: Chichi on October 24, 2011, 07:58:43 PM
haha PM, sjoe ek lag vanaand lekker