Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: adele on September 28, 2011, 07:45:59 PM

Title: ou mense se manier van praat...
Post by: adele on September 28, 2011, 07:45:59 PM
"Hello en hoe gaan dit met Antie?”

Nee my kind nie te goed nie. "Ek het mos Water. En dan het ek mos ook nou Suiker.

"Ag shame, al wat Antie nou nog kort is 'n Teesakkie".
Title: Re: ou mense se manier van praat...
Post by: Lox on September 28, 2011, 08:09:00 PM
sommige (ou) mense sê mos, ek het 'n maag ( mag) of ek het 'n knie, ens as daar met die spesifieke item aan die lyf fout is, so asof "gewone" mense nie  met 'n maag en knie ens gebore is nie.
Title: Re: ou mense se manier van praat...
Post by: Meraai vannie Baai on September 29, 2011, 12:04:51 AM
Ek glimlag wyd diekant van die aardbol. My ouma het as sy die oggend wakker word en goed voel altyd gese: 'ek voel soos splinternuwe sikspens!" en as sy die dag omge-ellie was: 'ek prosedeer ... my oumens-spensioen is alweer laat inbetaal" en sy het gereeld vertel van haar jongdae agter die berg in die 'kilonie. So jammer dat mens so min van hulle streektaal onthou  :crybaby2:
Title: Re: ou mense se manier van praat...
Post by: PM on September 29, 2011, 07:05:54 AM
Dit is een van die redes hoekom ek vir Ouma so lief is.  (Ouma is nou Naas se ma.)  Sy kan vir jou die heeldag besig hou met stories van gister.  Noem enige gedig wat ons op skool geleer het en Ouma Naas, soos ons haar noem, sê dit uit haar kop uit op.  Sy ken elke liedjie, natuurlik ook met humoristiese lyntjies wat jou lagspiere erg op die proef stel.  Ek lief vir Ouma Naas blink. 
Title: Re: ou mense se manier van praat...
Post by: Meraai vannie Baai on September 30, 2011, 03:00:17 AM
Kan ons nie maar groot assembliefie paartjies hier te siene kry nie  :bootyshake: :love7: :notworthy:
Title: Re: ou mense se manier van praat...
Post by: PM on September 30, 2011, 02:36:24 PM
Naas sal met Ouma Naas moet praat!   :icon_biggrin:  Dan sal hy 'n paar opnames moet maak en dit op die forum sit.  Die forum het  'n opnemer gekoop en dit persoonlik aan Naas gaan oorhandig, presies vir daardie doel. 
Ons moet net wag tot hy tyd kry en beter voel.   :love7:
Title: Re: ou mense se manier van praat...
Post by: Meraai vannie Baai on October 01, 2011, 02:03:06 PM
OE! My plek is GABOEK!!  :love7: :notworthy:
Title: Re: ou mense se manier van praat...
Post by: PM on October 02, 2011, 07:51:41 AM
Julle sal Ouma Naas viskikkik geniet!