Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on April 20, 2011, 01:24:30 PM
-
In die oortreffende trap van te
Lê die skerwe van my lewe.
Guitig dans die onvryheid
Oor die stukkies van teleur.
Agter tralies van magteloos
Sluit ek die seerkry weg.
In kluise van vernedering
Versamel lyding se rente.
Geboei deur armoede se kabels
Makeer ek maar die pas
Want die dwaalpad tot hier
Het ek self geteer.
©
:icon_bigsmurf:
-
Naas, jy tref my diep met hierdie gedig. Dit is werklik goed!
-
Soos die ouderdom groei slaan die potholes op die teerpad my skewe onderstel des moers en moet ek spoed verminder na 'n slakkepas.
:icon_bigsmurf:
-
Naas, mag jou pen nooit droog word nie is my opregte wens! Die beelde wat jy hier geskep het, is snakmooi.
-
Dankie Ta Raaitjie.
Ek is besig om al my werk van die forum af te trek en beoog om ter wille van die kinders nog 'n digbundel en kortverhale saam te stel.
Ek is so bang die forum vou. Het die laaste week of twee by paar geleenthede styf duimvas gehou dat hulle weer die ding aan die gang kry sodat ek nie die werk verloor nie.
:icon_bigsmurf:
-
Ek het dieselfde vrees :crybaby2: en dink dit is 'n uitstekende idee om dit wat vir ons kosbaar is, te bewaar ook in ander vorm. My plek geboek vir daardie bundel en kortverhale.
-
Ek dink Jan Dink sal vir julle vertel dat julle vrese ongegrond is. Jan Diiiink, waar is jy, kom help ons uit asseblief.
-
:hello2: :notworthy: :headbang: