Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Lox on September 25, 2011, 05:09:38 PM

Title: paar kiekies
Post by: Lox on September 25, 2011, 05:09:38 PM
ek het die week wat verby is sommer so paar kiekies geneem

my vingers het gejeuk om fotos te neem en toe kom die uit


nou die dag was daar 'n swerm spreeus doening by die kombuisvenster waar hulle bessies geniet het.

die ou kyk wat gaan in die huis aan.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/01spreeu.jpg)

die een sê ek is honger, laat my net gou paar bessies geniet.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/02spreeu.jpg)

Die akkerboom wys lente is in die lug

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/03akkerboom.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/04akkerboom.jpg)

Die wingerd vertel dieselfde storie

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/05bot.jpg)

Hierdie blomtros belowe om eendag in 'n mooi tros te ontwikkel en op die ou end heerlike brandewyn te maak.
Die blok is bestem vir Rabat.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/06tros.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/07witenswart.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/08wilgroei.jpg)

Ek het die in die wingerd ry opgemerk.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/09blom.jpg)

Ken nie sy naam nie

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/10blom.jpg)

interessant hoe sterk oorlewingsvermoë die blomme het as jy dink hoe stif word hulle in die wingerd beandel.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/11-1.jpg)

Hier is sy skerp kant

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/12-3.jpg)

Die spreeus se bessie bos wat nou blom

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/13.jpg)

Die blommetjies en bytjies

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/15vlieg.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/17by.jpg)

die steekvlieë vertel ook die lente is hier

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/17steekvlieg.jpg)


Die ou het my kom karnuffel sodat ek hom kan afneem

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/18steekvlieg.jpg)
Title: Re: paar kiekies
Post by: Chichi on September 25, 2011, 05:16:05 PM
Sjoe hier is 'n paar pragtige foto'tjies!  Daai van die wingerd is my gunsteling!!
Title: Re: paar kiekies
Post by: PM on September 25, 2011, 07:20:30 PM
Dit is pragtige foto's Lox, dit is net baie groot.  Ek weet nie of julle ook so lank wag dat dit moet oopmaak nie.
Title: Re: paar kiekies
Post by: Lox on September 25, 2011, 10:30:27 PM
ek het hulle nogal kleiner gemaak, by my neem dit so 10 sekondes dan is almal oop.
Title: Re: paar kiekies
Post by: Chichi on September 25, 2011, 10:38:33 PM
hehe vir my gaan dit ook maar vinnig jong  :`ip2:
Title: Re: paar kiekies
Post by: Meraai vannie Baai on September 25, 2011, 11:48:52 PM
WOW Stoffel  :love7: :notworthy:
Title: Re: paar kiekies
Post by: PM on September 26, 2011, 06:47:09 AM
Daar is ouens wat sukkel, soos ek, omdat ons nie landlyne beskikbaar het nie en met 'n modem werk.  Die ouens wat van selfone af werk het blykbaar ook probleme.  Dalk kan hulle hier kom sê of hulle 'n probleem het. 
Title: Re: paar kiekies
Post by: Chichi on September 26, 2011, 03:48:42 PM
Myne werk nog teen 'n goeie spoed al is ek op my selfoon, ek dink dit hang af van jou netwerk en watse tipe konneksie jy het, ek bedoel nou per selfoon of dit nou gprs of edge is maak nogals 'n groot verskil!  So dit gaan maar net eintlik, dat hoe verder en kleiner jou 'kables' is hoe minder 'outjies kan die inligting vir jou aandra' so dan vat dit langer.
Title: Re: paar kiekies
Post by: PM on September 26, 2011, 04:29:44 PM
Al wat ek van tegnologie weet is as ek nie kon spoeg en plak (copy and paste) nie, sou dit my jare geneem het om werk klaar te kry.   :icon_biggrin:
Title: Re: paar kiekies
Post by: Chichi on September 26, 2011, 06:47:21 PM
Jy besef wel as jy copy and paste dan bly alles dieselfde??? ne?? hehe jy moet dit verander as jy wil he dit moet anders lyk! haha
Title: Re: paar kiekies
Post by: PM on October 02, 2011, 08:07:19 AM
 :angel4:   :icon_biggrin:

As jy 'n hele boek moet oordoen dan sal jy eers werklik besef hoe handig haak en plak is.   :icon_biggrin:
Title: Re: paar kiekies
Post by: Lox on October 02, 2011, 08:56:51 AM
dis die waarheid wat jy daar seg PM

raaitjie het in die week vir my van die program photoscape vertel, ek het hom afgelaai en gebruik hom om die kinders se matriek afskeid fotos mooi te maak en dit werk handig.
Title: Re: paar kiekies
Post by: Meraai vannie Baai on October 03, 2011, 07:36:11 AM
Stoffel jy het jou MEESTERLIK van jou taak gekwyt!! Is dit nie 'n wonderlike program vir die fotograaf nie? Ekke lieffff dit! Gaan kom aanklop vir lesse by jou mater.  :notworthy:
Title: Re: paar kiekies
Post by: PM on October 03, 2011, 07:44:33 AM
Ja asseblief, maak 'n nuwe onderwerp met die program se naam en dan kom verduidelik Mnr. Lox vir ons stap vir stap hoe dit werk. 

Lepie Luis of Stof het ook belowe om 'n paar goed te kom verduidelik.  Dit sal 'n uitstekende plan wees om so 'n afdeling te begin, wat dink julle? 
Title: Re: paar kiekies
Post by: Meraai vannie Baai on October 03, 2011, 09:28:56 AM
Bakgat idee  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: paar kiekies
Post by: PM on October 03, 2011, 11:04:11 AM
Ek het klaar die afdeling oopgemaak.  Hoop ons kan dit met sukses toegooi met allerhande inligting.  Lox, wa jy?
Y, Stof, kom julle, kom.
Title: Re: paar kiekies
Post by: Lox on October 03, 2011, 12:00:12 PM
merai sal ook goed kan help, sy gebruik dit al effe langer as ek
Title: Re: paar kiekies
Post by: PM on October 03, 2011, 12:04:35 PM
Hier onder sé sy jy moet die lesse kom gee.   :icon_biggrin:

Stoffel jy het jou MEESTERLIK van jou taak gekwyt!! Is dit nie 'n wonderlike program vir die fotograaf nie? Ekke lieffff dit! Gaan kom aanklop vir lesse by jou mater.  :notworthy: