Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Lox on September 17, 2011, 08:59:43 PM

Title: vroeg loop
Post by: Lox on September 17, 2011, 08:59:43 PM
Piet Koos en Jannie werk in ‘n fabriek in die Wes Kaap. Een oggend oor

‘n koppie tee sê Koos vir die ander twee: “Manne, het julle gesien die

baas loop elke dag vroeg?”

“Ja”, antwoord die ander twee.

“Nou ek sê julle wat, hoekom loop ons nie ook ‘n bietjie vroeër die

volgende keer as die baas vroeg loop nie?” sê Koos.

Die volgende dag loop die baas ‘n uur vroeg by die werk en die manne

loop 5 min later. Piet gaan vang vis in die dam naby sy huis. Jannie

gaan kroeg toe, kyk na die sokker op TV en drink ‘n paar biere Koos

gaan na sy huis toe, loop in sy kamer in en sien sy baas saam met sy

vrou in die bed. Hy maak die deur saggies toe en verdwyn uit die huis

sonder dat iemand hom sien.

Die volgende dag gesels die manne daaroor om weer vroeg te loop.

“Nooit” sê Koos, “Ek is gister amper gevang!”
Title: Re: vroeg loop
Post by: PM on September 18, 2011, 05:11:33 AM
'n Saak het altyd twee kante.  :bootyshake:
Title: Re: vroeg loop
Post by: Chichi on September 18, 2011, 05:46:07 PM
mwahahahahahaha het hierdie vir my skoonpa gelees, hy het hom amper vrek gelag
Title: Re: vroeg loop
Post by: Assie on October 01, 2021, 02:58:00 AM
Hier by ons misluktepaliteitskantore is daar 'n streng reel. Almal moet lings hou in die gange.
Dit keer dat die wat vroeg loop nie in die wat laatkom vasloop nie.

 :mumum:
Title: Re: vroeg loop
Post by: Meraai vannie Baai on October 01, 2021, 08:47:11 AM
Ons het die naweek nou begin met 'n uitbundige gebulder  :toothy4: Arme Koos.
Title: Re: vroeg loop
Post by: PM on October 15, 2021, 06:46:13 AM
Goeiste, arme Koos.