Ek wonder hoeveel van hierdie soort humor skuil in die woordspens of tussen die plooie in ons wange wanneer ons grappenderwys so ietsie kwytraak? Naas die woorddief stal met groot vreugde jou tergversie uit en hoop vir nog baie :book1: :notworthy:
:munky2:
Al sit Lox langs 'n harige ding
bly hy maar ons liewe ling...
© Naas
Dit is 'n uitstekende gedagte Raaitjie. Ek sal my oor op die vloer hou en my oog op die skerm. :icon_biggrin:
Dankie baie baie mater. My plek geboek en intussen hou ons die fort met so paar aangedraagde tergverse:
Suiker en wim werk teen luise in die tuin;
die luise eet die suiker - dan skuur die wim
hulle tande stomp en siedaar, nes die skim
het jou luisprobleme, ook oornag verdwyn!
© oudswaerie se 11 lettergrepige luisraad aan sy silwersus (sy woord vir gewese skoonsus) :notworthy:
~~~~~~~~~~~~~
Ek het ook gehoor dat jy Wim moet snuif
as jy vuil gedagtes het.
Nou kry mens nie meer Wim nie en
Louwater Komo gee my borrelsiekte.
© Naas
~~~~~~~~~~~~~
Ek snuif wim,
my gedagtes is altyd skoon.
Daar is 'n verskil tussen vuil gedagtes en lekker gedagtes.
© PM
Op kreatiewe noo(d)t ♪♪ uit die woordkroeg:
Hier's sy weer,
hier's sy weer,
met haar rooirok voor jou deur,
sy gaan jou doop, sy gaan jou doop,
al val jy driemaal van jou stoel
dan staan jy op,
sy gaan jou kry!
(Die biere/bure wou toe al vir PM betaal om stil te bly, toe dig sy maar ander noot verder voort :icon_biggrin:)
Enige Tequila is goed vir my,
soveel as moontlik
so gou as moontlik!!
Eish,
ek het al 'n paar keer afgeval.
Eers van die lag
en toe van die gesuip!!
Oeee!!
Ek laaaiik syp,
ag ek bedoel suip!!
Amper val my valstanne
in my dop!
Keer! Ag dis te laat, daar val ek al weer af!!
© PM
~~~~~~~~~~~~~~~~
© Mevrou Varkie :snorting: en die morning after
Dit is wanneer jy begin bang raak vir geluide;
die son, jou lewer, die kat, jou vrou/man/baas,
jou skaduwee, die kraan, liewe heksie,
die swartgevaar
en die rooigety.
MAAR . . .
brandewyn het mos nie brieke nie!!
Onooglike Kurwe Duet (PM & Meraai)
Ons
het kurwes
wat 'n landrot
seesiek sal maak
(M)
Dit
lyk vir my
meer na slaggate!
(PM)
Skuldig begin ons toe dink
aan minder eet en Loxie dra fotos aan
van plankdun geraamtes wat nog asemhaal.
Raak ons woorde anoreksies minder:
M: Kleine plankie!! (om die of een of ander rede pas grote griet net nie hier nie)
PM: Het jy geroep Raaitjie? Hier is Grote Griet!
Ha-ha, ek het nie eers valstanne nie, maar dalk moet ek nie so gou praat nie. :icon_biggrin:
Wys jou nou net HOE voor in die koor kan mens raak op kale glasie vol woorde ne :bootyshake: Voor ek nou drankbaar raak laat ek eers my boete betaal aldan belofte gestand doen:
Net voor Stof weer soutmynwaarts keer
maan hy eers: Dit rym! Plaas dit in die bundel
sodat dit behoue bly vir die nageslag;
so gevra so gedaan - doet Meraai toe voort:
.....Luisie wat konkel jy en Y?
:hello2: :book1: :notworthy:
Van drink kan jul my niks meer leer.
Rooiwyn maak my nie seer,
brandewyn se remme breek
en drie skippies vaar die hele week.
Maar aai, die bier maak my heel swak.
Drink ek een, pie ek 'n hele sesman pak.
:icon_bigsmurf:
Die swak is seker van op en af stap. :toothy4:
Nou wil ek Naas se grapvers vir Outop voorlees maar ek kry om die dood nie die laaste reel gelees sonder om van die woorde te verwoes in my geproesery!! :hello2: :notworthy:
Woorddief het weer met die besempie en woordmandjie so deur die erwe geswerf en 'n paar lyne gegaps :notworthy: :book1:
adéle
perskes en vla,
so rukkie na die sondagmaal,
hier is ekke ook.
~~~~~~~~~~~~
Chichi se Fib:
ek
is
nou lus
vir kamp, duik
en braai en bier drink
en natuurlik baie wyn en swem,
lag en die son sien opkom en al daardie dinge!!
~~~~~~~~~~~~~~
Lox se epitaaf
Flyt fyt
my storie
is yt.
~~~~~~~~~~~~~
PM: Orkney Snork nie
Ons was daar anderkant Orkney Snork nie,
maar hulle slaap te vas om te snork,
want daar was geen opvangs nie.
Ek dink hulle moet 'n epitaaf skryf en dit
op die plek van die "welkom" bordjie plaas.
Die plek is so klein, as jy in die dorpie inry,
staan daar "welkom" op die bord,
as jy in jou tru-spieëltjie kyk,
lees jy "Totsiens, kom gou weer".
PM: Dankie 007
Ai suster Het, dit was nou vet pret.
As my baas my nou kon sien
sou ek my bedanking moes indien.
Van sit en staan kom niks gedaan,
ook nie van lees en sing nie!
PM:
My ma het gesê
jy moet kinders
net die inligting gee
wat hulle nodig het
en niks meer nie.
"Shut up"
PM: Drankbare ekke
Daar's hy, al my skapies in die kraal.
Ek is bly om julle almal hier te onthaal
op koek en tee in die oggend en perskes
en vla na die middagmaal.
Vanaand kry julle elkeen 'n stywe dop
om die litte reg te skop.
PM: Briefie
Jy was hier
toe is ek weg,
nou is ek hier,
nou is jy weg!
Jy is 'n ou staatmaker 007. Baie dankie, van jou drankbare sustertjie :bootyshake:
Sjoe ek klink mos soos 'n wille enetjie!!
Chichi ek sal jou spoortjies volg vir soetwoorde hoor :icon_biggrin: Intussen ontdek ek vandag weer Stoffeltjie se eie terggediggie en dit het my net soveel vreugde verskaf as die eerste keer toe ek dit gegaps en gaan bewaar het :notworthy:
Lox: die by
die by
zoem zoem
weg is hy
En terwyl ek so deur ons gisterslyne dwaal vang die enetjie van PM my oog:
Neerslagtig?
Hoekom voel jy soos jy voel?
Wat presies is die eintlike doel?
Die duiwels wat jou altyd slaat!
Net om jou neerslagtig te laat!
Wys vir hul daai vingertjie van jou
dan lag jy saggies in jou mou
En ek is so neerslagtig, waar is daai nommer drie getroue waghond van my! :icon_biggrin:
Ek ken Lox se "Die By" as volg:
Vers 1
Die by sit op die wal...
Dis al...
Zoem sê die by
en weg is hy...
Second verse, same as the first.
Die by sit op die wal...
Dis al...
Zoem sê die by
en weg is hy...
Third verse, same as the first.
Die by sit op die wal...
Dis al...
Zoem sê die by
en weg is hy...
(die gedig het 50 versies maar ek kan nie nou almal onthou nie. Askies.)
:icon_bigsmurf:
Heerlik om met so 'n luim hier weg te spring Naas. As ons nie in 'n diep duister gat sit nie, kan ons weer lag.
:toothy4: ek het julle soms soooo nodig :toothy4: geniet elke versie, Naas, seker jy sal die ander eendag onthou
Hiehiehie! So jammer jy het die ander versies vergeet Naas. Sou dit bitter graag wou lees :notworthy:
Hier is PM se gegapsde versie:
En dan...
Ons is mos aan moedersknie geleer om te gee
en dan, as ons nie gee nie voel ons skuldig,
dan is ons kwaad vir die bedelaar,
omdat hy ons in daardie posisie plaas
en dan is ons kwaad vir onsself,
omdat ons dit toelaat
en dan hoep die poender
en dan hak die kaan...
Dan vra die mense hoekom drink ek,
dan wys ek vir hulle die foto's
en vertel die storie,
dan drink hulle saam.
© PM
"en dan hoep die poender
en dan hak die kaan..."
Toe hak die kaas,
Kis die poei,
vik die hark,
... (Wag laat ek liewer ophou.)
vanaand eet ons weer paapskiel en barkvallas. (Ek het julle gese ek moet liewer ophou.)
:icon_bigsmurf:
My pa het ons altyd met die versie vermaak.
Dis die blond, dis die blou
Dis die brooklax wat ek kou
Dis 'n deur wat keer
Dis papier wat skeur...
Dis al.
Ek bulder alweer onvroulik diekant :toothy4: :notworthy: Gawie ek onthou daai versie nou! My pa het dit ook kwytgeraak as ek lankal 'n gediggie moes oefen om voor te dra. Dan se hy gebruik sommer die ene LOL.
Naas, hehehehe jy is onverbeterlik. Hoop julle aand(vr)ete het goed afgegaan :sign10:
Jitte, maar jy kan dit uitryg Naas! :icon_biggrin:
Ons kinders het gou 'n hele paar variasies van die gedig gemaak. :icon_biggrin:
Hieheihei... gaan ons 'n paar onder oge kry PM?
Dalk liewers nie hier nie. Is jy lus vir 'n glasie pienk borreltjies? :icon_biggrin:
Laat my nie twie keer nooi nie, is so goed ek's daar ... wag ek is nou so drankbaar ek vergeet skoon ek was al daar :icon_bigsmurf: :notworthy:
My weergawe"
Dis die blond,
dis die blou.
Dis die Brooklax wat ek kou.
Dis die pyn op my maag
wat my kleinhuis toe jaag.
Dis die kleinhuis se deur
wat my in volle vaart keer.
Dis die drol in my broek
wat my ma laat vloek.
Dis al.
:icon_bigsmurf:
As kinders het ons soveel pret gehad met die ou versies. Onthou julle hierdie een wat ons op die kampus gesing het?
Gaudeamus igitur, nog 'n dag is in sy ...
Oi joi joi .... ekke smoorverlief alweer van vooraf op ons taal :headbang:
Hier is Joe se 'afval-versie' via die skypeskoeter :icon_biggrin:
Hart lewer poephol en tong,
dis mos die kos vir my
of wat seg jy my klong?
©
My sussie lek prit
Om haar woorde vas te sit
My boetie rook se weetbix
Dit voer sy nagmerries
My Oupa snuif sy gom
As hy van die werk af kom
Maar ek sal my plig versuim
As ek my woorde pruim.
So miskien,
Net miskien,
Gaan ons nog van die versies sien.
:icon_bigsmurf:
Lees ek deur die plasings en verlustig my van vooraf. Jinne julle, ons kan KUIER soos min ander. Ek giggel en grinnik myself in 'n aftrede beroep in: Grinnikeloog. Ek hoop saam jou vir nog versies Naas!!! Intussen het ek jou op die gevreetboek beroof en vir PM so pur-pur in die forumgang:
Nonet Deur Naas
Op die sirkel in Adderleystraat
Staan ou Jan en wys na die draad
Waar 'n seevoël sit en lag.
Ou Jan is briesend kwaad
Vir voël se gespot.
Want oor sy kop
Loop die strond
Na die
Grond.
PM:
Wat nog pla
van die ouderdom
is daardie gepur-pur
soos my oom se ou Vespa help my trap
Soms, net soms as jy mense het,
dan pur-pur dit agterna
terwyl jy bloedrooi
vinnig stap om iets te gaan doen.
:icon_bigsmurf: Sluip ek terug met hierdie Bybelse humor van Naas:
Kain slaan vir Abel.
Josef skreeu hoera.
Moses gryp die roomyskar
en sit hom agterna.
Spring die ene van onse Naas ook in die woordmandjie:
Twee tarrentale en 'n afkop haan.
Daar kommie duiwel innie appelboord aan.
Hy jaag sy dissipels dat die stof so staan.
Twee tarrentale en 'n afkop haan.
Loop die strond
Na die
Grond.
Gelukkig het jy die punt onthou Naas. :sign10:
Dwaal ek weer hier deur en wonder kliphard: Ai julle. Waar is die dae dan heen, maar voor ek aan't wene gaan - nog steeds dankbaar day ons pret nog steeds hier beware gebly het.