Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on September 09, 2011, 07:08:15 PM

Title: 'n Oomblik geraam
Post by: Gawelina on September 09, 2011, 07:08:15 PM
toe ek by die deur uitstap
het ‘n bloeiselgeur tjalie
styf om my lyf gevou,
jou arms om my lyf
sou die oomblik
volmaak kon raam
my lief
Title: Re: 'n Oomblik geraam
Post by: PM on September 10, 2011, 04:50:11 AM
Dit is kort, kragtig en treffend.  Die "lyf" in die vierde versreël is egter effens lastig.  Jy kan dit of weglaat, of vervang met 'n sinoniem.  Net as jy wil  :icon_biggrin: .   
Title: Re: 'n Oomblik geraam
Post by: Gawelina on September 10, 2011, 06:36:36 AM
Dis te vroeg in die oggend vir my brein.  Ek kry nie nou sinoniem nie.  Lees hy nou beter?




toe ek by die deur uitstap
het ‘n bloeiselgeur tjalie
styf om my gevou,
jou arms om my lyf
sou die oomblik
volmaak kon raam
my lief
Title: Re: 'n Oomblik geraam
Post by: Angelica on September 11, 2011, 03:19:05 PM
O jinne, dis pragtig. So pienk en sag en vol romanse.
Title: Re: 'n Oomblik geraam
Post by: PM on September 13, 2011, 02:47:34 AM
Dit is uitstekend!   :hello2:  :notworthy:  Jy kry 'n sterretjie en 'n   :icon_flower: en 'n T-hempie.   :tshirt:  :love7:
Title: Re: 'n Oomblik geraam
Post by: Chichi on September 13, 2011, 07:03:12 PM
 :read2:
Title: Re: 'n Oomblik geraam
Post by: Trapsoetjie on September 14, 2011, 12:33:15 PM
Dit jubbel. As ek nou reg skryf.. Dit laat my voel die dag is nie so sleg nie. Mooi geskryf Gawie.  :hello2:
 :angel12:
Title: Re: 'n Oomblik geraam
Post by: Ah Willa on February 19, 2012, 12:35:52 PM
jou woorde het nou my hart geraam :-)