Al ooit gehoor van hierdie prettige korte-korte struktuur? In Engels word Terse Verse begin met 'n vraag of stelling, en die antwoord word verskaf in 'n paar rymende woorde. Ek kon nerens voorbeelde van so struktuur in Afrikaans kry nie en in ons eie weergawe is die antwoorde soms ietwat langer. Hierdie struktuur is lekker vermaak wanneer jy die langpad vat met kleingoed in die motor :angel8:
http://members.shaw.ca/rjbiebrich3/MyWeb3/Poetry/TerseVerse.htm
Paar vertaalde voorbeelde:
Watter danspas
is sitrus-prettig?
Die Mango-Tango!
~~~~~~~~
Wat is die geelsoompie
aan See se blourokkie?
Seesand!
~~~~~~~~
Wat huil weemoedig sonder stem
en kan byt sonder 'n enkele tand?
Die wind my kind!
:toothy4:
Dankie vir die aandra Raaitjie. Jou voorbeelde is pragtig en prettig.
Wat dra 'n geel kappie
om 'n swart gesiggie?
'n Sonneblom.
Wat kom in pare, twee-twee,
tog is sy maat altyd soek?
'n Kous Kabous.
Wat is dit wat klou,
krul, draai en swaai?
'n Klimop ou slimkop!
Hiermee kan 'n ou heeldag sit en speel. :icon_biggrin:
Dit is kostelike voorbeelde PM. Ek gaan dit vir die kabouertjies leer in Afrikaans :love7:
Bring asseblief nog voorbeelde vir boek twee asseblief. Kyk hoe mooi vra ek asseblief!
Ek het al vergeet van hierdie prettige versies :toothy4: Hoop daar kom nog 'n hele klompie vir boek twee PM!
Wie kan sy nekkie strek
en langer rek as hy help
soek na 'n bal op die dak?
Die volstruisie in 'n kindergediggie!
*******
Watter vabonde baklei soos kat en hond;
jaag mekaar rond en bont op my skerm?
Tom en Jerry natuurlik!
*******
Wie se asem is suikersoet
en 'n mens kan dit opeet?
Spookasem
:notworthy:
PM het hierdie struktuur in Afrikaans herdoop na 'Pret raaisel verse' vir boek twee voorlopig. Dit is 'n pragtige beskrywing vir my! :notworthy: :icon_salut:
Ek het ons eenjarige kabouter se mondjie 'gecrop' vir hierdie prettige raaisel.
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Spierwittemieliepitjies2.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Spierwittemieliepitjies2.jpg.html)
:angel4:
Ek loop sonder voete,
het 'n bed maar slaap nooit,
het 'n mond maar spreek geen sprog nie.
:icon_bigsmurf:
Dit klink vir my na 'n rivier Naas.
Gesels ek en Joe nou oor ons aftrede eendag en so word hierdie versie gebore :icon_biggrin:
Ek het 'n glasoog
wat kan sien
sonder 'n bril.
Die ding het net een skeet;
sy bekkie klik
oor alles wat hy sien!
Praat julle van 'n kamera?
Smaak my die klikbekkie het ons verraai :toothy4:
As ek gaan
dan staan hy,
As ek staan
dan gaan hy.
Uit my kinderjare.
:icon_bigsmurf:
Ek en Outop krap lekkker kop Naas :headbang:
Nou het jy my vas Naas. :icon_biggrin:
Dis snaaks, smaak my ek is ouer as julle. :love7:
Dis 'n kwikstertjie en sy stertjie.
Wanneer die kwikkie vlieg of loop is sy stertjie stil en wanneer hy stilstaan wip sy stertjie op en af.
:icon_bigsmurf:
wie is sy, klein katryn, met haar snoetneus fyn
en hy wat 'n stert voor en agter swaai?
oom Olifant, haar grote maat,
en kleine muis stap oor die straat.
:grommit:
Wraggies! Nou weet ons ook. Dankie Naas :toothy4: Hier by ons is 'Willy Wagtails' wat net so wip en stertjies lig hoor. Adele ek lief jou versie ewe veel :icon_biggrin: :notworthy:
Wat het muis vir olifant gese toe hulle oor die brug stap?
:icon_bigsmurf:
Ek voel dommer en dommer elke keer as ek hier kom kopkrap oor jou raaisels Naas :icon_biggrin:
Gaan google ek dit stilletjies .... natuurlik nie 'n antwoord gekry nie maar op die enetjie afgekom:
Wat lyk soos 'n olifant,
is so groot soos 'n olifant,
maar weeg baie minder as 'n olifant?
:`ip2:
Quote from: Naas on May 23, 2013, 02:45:07 AM
Wat het muis vir olifant gese toe hulle oor die brug stap?
:icon_bigsmurf:
ons laat darem hierdie brug bewe, ne'
Dankie Adele :headbang:
Oom Olifant se skaduwee?
:icon_bigsmurf:
In die kol LOL! :headbang:
Wat lyk soos 'n olifant,
is so groot soos 'n olifant,
weeg net soveel soos 'n olifant?
:icon_bigsmurf:
'n Olifant. :icon_biggrin:
Ek het Adéle se versie geskaai, dis in die boek, ek soek nog 'n paar. Kan julle bietjie kom toor en versies maak asseblief. Intussen het ek al die raaisels so in die boek.
As 'n onbeheerbare kleptomaniak
ses tablette per dag neem,
is dit voorgeskrewe medikasie
of gegapsde kommunikasie?
Dis baie oulik! :love7: Dalk is dit sommer net diefstal. :icon_biggrin: In die boek Raaitjie.
watter strukture het jy gekies vir boek 2? is jou bladsye daar al vol??
:grommit:
Ek het al iewers vir jou 'n lys geplaas met strukture in die boek en waar ek nog werk nodig het.
Ek sal dit gaan soek.
93
Ons Publiseer Saam / Boek 2 - bespreking deur almal / Re: Boek No 2...
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1120.new#new
As 'n Boer, 'n Skot en 'n Engelsman
in die plaaslike kroeg instap,
wat het jy?
:headbang:
*PM, ek het vandag die opskrif van hierdie afdeling verander na Terse Verse & Prettige raaisels. Julle sal sien dat al die plasings ge 'edit' is. :notworthy:
'n Trio. :icon_biggrin: Bring die antwoord Raaitjie, blief!
Jy het 'n grappie natuurlik PM'pie :icon_biggrin:
Ek wil weer bietjie raai raai speel.
Uit my sub A boek... (1) Oordags vreet hulle rou vleis, maar snags lê hulle oopbek.
'n Paar skoene
(2) Hier wierts-wierts, daar wierts-wierts, wierts-wierts in die hoekie staan.
'n Besem
Oupa se gunsteling... Daarbo op die berg staan 'n bul en brul dat sy knaters so dril.
(Die een se antwoord later.)
:icon_bigsmurf:
Plek geboek :toothy4: :`ip2:
As 'n mens raaisels van nader bekyk is julle dikwels gebeidsgebonde en meer dikwels gesins of persoons gebonde. Maw as jy nie in die gebied bly of die gebied goed ken nie, maak die raaisel geen sin nie. Selde geld vir gesin of persoonlike raaisels.
Ek dink bv. aan: Withoed op die klipkop. Waar is ek?
Of: Embrio in die platkopbaai. Waar is ek?
Of: Kleurloos lê ek wyd end Suid. Waar is ek?
Wanneer die raaisels meer persoonlik raak, raak hul heeltemal onoplosbaar.(As jy nie die persoon ken nie.
:icon_bigsmurf:
Nog 'n leidraad vir Oupa se gunsteling. Sommige klim daai bult gereeld en ander nooit maar almal hoor hom as hy brul.
:icon_bigsmurf:
Naas, jy het my vas. Is jy op Kanonkop?
Dit is die kerkklok.
:toothy4: :toothy4: Baie oulik!
Soos dit nou maar gaan kry ons geen reaksie nie so ek gee maar die antwoorde ter wille van die besoekers wat hier rond dwaal.
Withoed op die klipkop. Waar is ek?
Klapmuts
Of: Embrio in die platkopbaai. Waar is ek?
Robben eiland
Of: Kleurloos lê ek wyd end Suid. Waar is ek?
In die Swartland.
:icon_bigsmurf:
En net daar maak jy my dag Naas. Soooooooooooo bly jy het ook weer kom inloer. Dankie vir die oplossings. Nou weet ons ook. Net so tussen ons, so pas Lorraine se plasing gesien waarin sy ons getag het, waar sy gevra het of daar nog iewers in die kuberruimte 'n kuierplekkie is soos wat ons gehad het djares gelede. Dalk, net dalk as ons almal hard probeer met die insette van nuwe en ou lede trek ons weer die woordwa deur die drif. Ek wil nie meer alleen lag en huil nie :icon_biggrin:
Op Woes was daar sekere onderwerpe wat op die ou end net baklei gesoek het. Wanneer ek daardie onderwerpe op ander plekke sien slaan ek toe. Miskien is dit ook n raaisel?
Ek weet presies wat jy bedoel Naas en het self gevoel om totaal en al toe te skulp a.g.v daarvan. Hier op die forum is my enigste kontak met my geliefde moedertaal in skerts, lag en huil, nuwe strukture aanpak en soveel meer wat net 'n woordverslaafde sal verstaan.
Behalwe my geselssies daagliks met ou Gawie het ek geen ander kontak met mede sielematers en sou ek weer terugkruip en wegkruipertjie speel wag daar 'n donker gat waarvoor ek banger is as vir die duiwel homself :`ip2: :pottytrain2: so ek kuier maar 'onheilig' voort en sien waarheen dit lei/ly.
Ek hoop regtig dit bring net vreugde. Woes was woes ja. Soms glo ek dit was al die gevegte op Woes wat die wereld daarheen gelok het.
Ek dink en dink en probeer 'n oplossing vind vir die stilte. Ek dink nog, as julle idees het deel dit asseblief met my.
Ek dink regtig nie die forum is stil nie. Dit sal nooit stil wees nie al sê ons niks. Ek kuier baie stomstil hier omdat ek in my eie grysmassa nie geraas soek nie. Ek Kom bitter selde hier wanneer daar nie ten minste dertig besoekers saam met my kuier nie. Net so stomstil soos ek. MAAR dit bewys dat mense waarde heg aan dit wat ons hier doen en sê. Ek/ons plaas baie keer goed wat geen kommentaar lok nie. Maar dit word oor en oor deur besoekers gelees.
Ons moet aanvaar dat die tyd na Woes ons almal verander het. Ons sal nooit weer woes nie. Ons sal ook nooit weer 2011 en 2012 en 2013 nie. Maar ek/ons het mekaar nodig. Vir van ons is daar dalk nie 2019 of 2020 of 2021 nie en daarom moet ons nou hande vat en mekaar liefhê. Moet ons mekaar onvoorwaardelik aanvaar soos ons is. Ek weet ek praat nie baie nie maar ek het elke woord van julle nodig.
:icon_bigsmurf:
Jy is reg Naas. Ek sien ook dikwels hoeveel gaste lees en deel die forum.
Ek weet ek is lief vir elkeen van julle, dit is hoekom ek die ouens wat nie so gereeld kom saampraat nie, soveel mis.
Hier is 'n drukkie vir julle almal.
Beter kan iemand dit nie stel nie! Jy het alles perfek opgesom Naas. Ons het mekaar nodig. Dankie vir die drukkies lief PM :love7:
Oom Naas, Oupa vra of jy weet: "Wat het twee oe maar kan nie sien nie, het vier bene maar kan nie loop nie en spring so hoog soos Tafelberg?"
:mumum:
Nee Assie. Nie n idee nie maar miskien weet Ta Raaitjie of PM.
:icon_bigsmurf:
Ek het juis gesit en wag vir die antwoord. Miskien sal ta Raaitjie weet?
Ta Raaitjie het roekeloos gekroek - so vergewe assembliefie die ou tannie:
'n Houtperd (hy kan ook, net soos die berg, nie spring nie)
*met dank aan Prof Koekeloer en Assie se wyse oupa :toothy4:
Ai maar die Gogeloog is darem maar slim.
:mumum:
Ek het nooit aan die berg wat nie kan spring nie gedink, dag die ding spring so hoog soos die berg is.