Meneer die Hoof. Ek het 'n aardige probleem. Die forum se gedagtes het Altzheimers en wil my nie onthou nie. Ek merk daar by "Sign in" "forever" maar as ek later terugkom soek hy weer my se naam en passeerwoord.
Kan julle dalk help dat die forum se gedagtes bietjie langer hou?
:icon_bigsmurf:
Die hoof is ernstig besig om die forum se gedagtes voor stok te kry. :evil6: Die hoof self sukkel nou al 'n geruime tyd met 'n soortgelyke probleem en dit is nogal half lastig. Daar lui die klokkie nou vir teetyd. Die hoof moet nou eers gaan tee drink. Sal net daarna aandag gee aan die saak. :icon_biggrin:
:icon_biggrin: Passeerwoord! Hoort dit nie dalk by die nuwe woorde nie? :icon_biggrin:
Passeerwoord kan dalk 'n anglisisme wees.
:icon_bigsmurf:
Hierdie is waarskynlik een van Bill gates se narcistiese stepe. Explorer laat slegs een SMF forum se inlogbesonderhede in sy langtermyngeheue toe. Nou weet Stof nie of Naas dalk die Forum verraai het en iewers anders ook 'n "forever" intekening het nie, maar as hy wel so stout sou wees, dan is dit waar die antwoord lê. Stof gebruik soms Opera om veelvuldige forums se inlogbesonderhede gelyk te onthou, en dit werk goed. Maar dis seker te verstane, want boetie Billy werk nie by hulle nie.
Ek was nog by die Woes forum ingelog maar is lankal daar uitgelo(k)g.
:icon_bigsmurf:
Ek is nog by die passeerwoord ingelog! Wat bedoel meneer nou met angelsismis?
Ek passeer die mas. :icon_scratch: Of is dit nou "Masseer die pas"
Hoe't ons dit nou weer in die weermag gedoen? Ek weet net jy't jou moeg gestap en nerens heen gegaan nie.
Blou, Quiza! Kom jelp hier.
:icon_bigsmurf:
Ek het ook 'n ploebleem om onthou te word meneel. Die folim wil okkie vil my onthou nie, maar ek sien meneel is besig mettie ploebleem. Ek sal weel later kom hoor of ek nou onthou gaan worre.
Dit lyk my die hoof drink nog tee, maar hier is 'n stoflap iewers wat deur die spinnerakke probeer beur om by die forum se blikkerige gedagtes uit te kom.
Dalk kan jy intussen ook een of ander iets probeer passeer totdat die probleempie opgelos is. :icon_biggrin:
Is julle nou al gestel met die forum se gedagtes? Word julle nou al onthou of het julle nog steeds 'n ploebeempie?
Nee wat. Ek moet nog altyd by die voordeur klop en by die agterdeur ingaan.
:icon_bigsmurf:
Bestuur het "Firefox" opgradeer en nou tik ek net B in die blokkie, dit gooi my hele naam en my dompaswoord uit. So maklik soos val uit 'n boom uit, los net die tak! :icon_biggrin:
Dankie vir die ekstra myl wat jy loop Naas! :icon_biggrin:
:hello: iewers in my binneste krul 'n borrellaggie rond,
laat my so dink aan ongeveer 4 jaar gelede toe ek julle "ontmoet" het :love7:
:toothy4: :toothy4: :toothy4:
Dit was lekker dae. :love7: :read2:
Dit is juis al hierdie geliefde name wat ek raakgelees het wat my hoek, sinker en aas aan die kraag beetgekry het :love7:
Ek lees ook nou weer deur al die geselsies en voel ook daai borrellaggie hier iewers in my binneste krioel! Ek wonder hoeveel van julle besef wat julle vir my beteken? :love7:
Quote from: Meraai vannie Baai on June 20, 2011, 04:11:49 AM
Dit is juis al hierdie geliefde name wat ek raakgelees het wat my hoek, sinker en aas aan die kraag beetgekry het :love7:
dankie dat jy ook opgeklim het, ek het spesiaal so na as moontlik aan die kus geroei om jou te soek, was so bang ons mis jou....
:grommit:
Baie welkom Ta' Raaitjie. Nou voel ek weer heel.
:icon_bigsmurf:
Voel ek ook skielik weer heel! :love7:
:hello2: Dit is wonderlik! Hierdie week wat kom gaan ek probeer om by al die strukture uit te kom wat vir my lê en wag. Ek het so lank laas geskryf, ek kan nie eers meer die woord spel nie! :icon_biggrin:
Noudat die Forum se databasis weer honkiedorie is, lyk dit of die lede aflyn is. Maar ongelukkig kan die beste van programmeerders, nie juis iets daaromtrent doen nie. 'n Goeie maatjie van my beveel die volgende daarvoor aan:
Heuning, suurlemoensap en gemmerbier, sluk so gereeld soos jy kan, en spoedig kan jy weer op die Forum kom kuier.
Laas week het ek ook genies en proes vir die eerstespan. Dit voel nog of my kop 'n pampoen is, maar ek glo dit sal ook gou weer sak. :icon_biggrin:
Hierdie week wil ek ernstig begin met die inhoud van die boek. Ek sal die nodige plaas en as julle sal antwoord sal ek dit baie waardeer.
:bootyshake: :wave: Weet nie of ek nou twee stelle vergrootglase nodig het nie maar ek kan nie by sommige afdelings soos bv. die gedigstrukture, 'n skakel kry vir nuwe plasings? :dontknow:
Ek sal nou dadelik gaan kyk wat fout is. Hou daar, ek is nou daar! :icon_biggrin:
Pragtige geselsies uit ons groeipyne.
Vanaand loop ek weer wye draai om onse kooi en dwaal kort-kort terug om eers gou weer te sien wie kuier saam. Loop ek gelukkig vir Naas raak so tussen die lyne en soos gewoonlik sorg hy vir my lagpilletjie :toothy4:
Ek is bly ons loop mekaar so nou en dan raak vir 'n kuiertjie en 'n doppie. :love7:
Wie gaan my kwalik neem as ek skryf: ons het geweet HOE om te kuier tussen lyne. My grootste wens vandag is dat ons hier weer so gaan saam kuier. Seblief ouens - ek het julle nodig. Moenie verdwyn nie. Sleep 'n mater saam as jy kan en kom griffel 'n vers en drink 'n woorddop in ons kroeg. Kry jou daar :wave:
Jy is reg, ons het 'n holte uit 'n gat gekuier. Dit lyk so in ons forumtaal - 'n 0 uit 'n 0. Ek is hier, as ek opvangs het. Hier in hierdie kantoor is ek die baas, dus, skink ek vir jou 'n lekker lang dop. Natuurlik vir my ook. As niemand saam wil kuier nie dan suip ons maar. (Lag)
Wag, ek gaan gou die langste glas in die pandok soek. Lief jou beduie: 0 uit 'n 0 :pottytrain2: :bootyshake: :headbang: