Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on September 03, 2011, 06:56:08 PM

Title: Nuwe lente?
Post by: Gawelina on September 03, 2011, 06:56:08 PM
ek het jou naam in perskebloeiselskrif
teen binnewande van my grot geskryf
die pad daarheen mals geurig
met lemoenbloeisels en pronkertjies plavei

toe ek  hartklop ritme  op jou deure klop
en jou hart in donker vensterrame soek
draai jy geruisloos in jou spore om
en los my soekend op jou werf

‘n enkele roos lê ek op leikliptrappe neer
die nuwe lente het gekom
vat hom voor hy verwelk my lief
en losblaar in die wind verweer
Title: Re: Nuwe lente?
Post by: Fransi on September 03, 2011, 10:20:29 PM
 :hello:

So besonders mooi geskryf. Weerlose versugting.
Title: Re: Nuwe lente?
Post by: PM on September 04, 2011, 06:51:34 AM
perskebloeiselskrif - pienk en appelkoos en marmerwit

Ek sien die prentjies en hou daarvan.  Die kontras van nuwe lente en leikliptrappe...
Title: Re: Nuwe lente?
Post by: Chichi on September 04, 2011, 09:09:33 AM
i like it  :icon_biggrin: