Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on August 27, 2011, 08:14:22 AM
-
Ek luister vanoggend na 'n persoon wat op "Contbytsake" :icon_biggrin: hulle skryf dit so ja... :icon_biggrin:
vertel dat hy voertuie het wat al vyf jaar op die l.e.d ligte rond hardloop.
Nou, ek weet van mense wat hulle besigheid ook hardloop. Hulle voertuie hardloop ook baie lig op brandstof en so hardloop hulle voort.
Ek het gedink 'n ou bedryf jou besigheid en jou voertuig is ekonomies op brandstof?
-
Hmmm ek het self so gedink maar smaak my ons is hardloop vanuit die oude doos op PM 9 batterye :icon_biggrin:
-
Alles 'n gejaag na wind. Dis baie minder stresvol om eerder maar net te stap. Vanaf die luisnes tot by PM se nes, is ongeveer twee uur en 'n bietjie se stap.
-
Hannes sê juis vanoggend dat hy so dankbaar is vir die kroeg, want daar laai my PM 9 batterye tot hardlopens toe. As hy in die oggend wakker word is die vloere geskrop, die wasgoed gedoen en die kombuis is blinkskoon. Dan sê ek vir hom dankie omdat hy so hard gewerk het. :sign10:
-
Wel, iemand wat op 'Cont-byt-sake' kommentaar lewer, se voertuig sal seker op l.e.d. lig kan rond hardloop dat die stof so staan.
Ek is bevrees, 'n PM10 gaan nie eens my kan opcharge vir vloere skrop nie.
PM, jy is beslis ge-PM9 charged as ek so na jou besigheidjie hier kyk.
Net 'n paar maande en jou eerste boek, wat 'n lank-al droom is, is baie na aan geboorte.
-
Al moet ek dit nou self ook sê, ek is baie trots op almal wat so mooi saamwerk om hierdie groot droom te bewaarheid. Sover is ons op skedule en dit wil gedoen word ja. Hier in my agterkop is ek nog erg bekommerd dat daar nog probleme mag opduik, maar ons sal dit hanteer soos wat dit opkom om asem te skep. Ek het 'n roeispaan, slat elke probleem plat! :icon_biggrin:
-
Ek Hardloop, maar dit lyk my ek haal niks in nie, alles hardloop onder my uit....HALT is wat ek nou wil roep!
Ek sal nie om gee om weg te HARDLOOP nie, maar ondervinding het my ook al geleer die lewe hardloop net weer saam jou weg. So staan ek maar algaar en aanstaar. :icon_scratch:
:angel12:
-
Hierdie laaste paar weke het 'n gehardloop van 'n ander planeet afgegee. Jy is reg, 'n ou se probleme is geneig om saam te hardloop. Naas sê mos hy het nog nooit 'n bloedbek in 'n geveg gekry nie, hy kyk nie om as hy weg hardloop nie. Wanneer laas het julle saam gekuier?
-
Ja kuier die gooi ons elke nu en dan in. Shame maar die ou is vrot van die siekies, le pens en voetjies in sy kooi. Met 'n koors wat gister nog nie wou wyk nie. Hy sê hy's hond siek in die bed, toe seg ek hy moet die hond van die bed af jaag dan sal hy beter voel.
:angel12:
-
Ag nee, ek hoop dit gaan gou beter met hom. :crybaby2:
Waar en wanneer gaan ons die boek uitstal? Wens ek kon 'n groot bus kry wat Kaap toe "hardloop" dan het ek almal gaan oplaai vir een groot makietie.
-
Nou praat jy PM, so bek moet rooi koeldrank kry... :hello2:
:angel12:
-
PM
Dan hardloop jou PM9's se beker oor van volgeit en hardloop Hannes se dankbaarheid oor van vreugde
-
:toothy4: Hannes is gewoonlik net drankbaar :toothy4: en ekke ook. :toothy4:
-
Le op my sy en tik. Kry nie asem nie so sal nie kan saamhardloop nie.
Ek het drie jaar terug in die hospitaal loop draai en voel nou erger.
Ek is egter nog hier rond en saam met julle moerig oor die kuberbraker wat so lastig was.
:icon_bigsmurf:
-
Naas, sit regop, slaan daai viriesie met a plank dat die sop spat. Jy wil seker net bederf word daar innie bed.
Daardie kraker se dop gaan kraak as ons hom in die hande kry.
Die ouens dink hulle is slimmer as slim, maar hulle name sal deur die groot klok uitgespeel word.
Sal ons hoor wie die skremunkel is?
Ons sal maar sien wie plaas gedigstruktuur info op hul sites.
Wil net 'n ietsie vir die ou wys... :bootyshake: en vir hom se dat hy 'n uiterste boef is.
Aan almal van julle: DIE SOMER IS OPPAD!!!
Ons kan weer uit ons hiberneer-stadiums ontwaak en die veld en berge invaar.
-
O hallie ha Elle, dit is my paar boude wat jy daar so swaai! :toothy4:
Ons twee, dit is nou ek en Naas, het gisteraand gesels oor die viriesie wat ons hardloop so steel. Ons apteker meen daar is geen antibiotika wat die ding kan aanspreek nie. Dit breek net 'n mens se gestel verder af. Gooi die vitamine C mildelik en stoom met bloekomolie en kloosterbalsem (friar's balsam) 5ml elk in baie warm water.
Naas meen dat kloosterbalsem die manlike vorm van kloosterkoek is. :icon_biggrin:
Ja, hier by ons is die ergste koue ook gebreek, maar ek sien op die nuus dat julle nog lekker reen kry.
-
solank Naas net nie gebuk gaan onder die trojaanse viriesie nie - sterkte Naasie maar ek moet ook hierdie ou boereraat met jou deel: virrie siekte wat jy het moet mens gorrel met oudemeester maar jy moet waak teen uitspoe. hier teen die vierde gorrel voel mens al stukke beter.
-
Ek is al 'n oude meester. Ek dink ek moet maar drie skippies probeer en kyk of dit nie werk nie. Het vamorre my Weetbix gerook, prit gelek en pro nutro gesnuif maar niks help nie.
Ek is nou op pad vir die x-trale om te kyk wat van my longe geword het.
:icon_bigsmurf:
-
Dit is erg, het jy al giggiltwakkies probeer? Hulle sê dit is uitstekend vir asma. Dit help glo teen moerigheid ook. Weetbix is nie so goed nie. :icon_biggrin:
-
Hulle se dan Weetbix is gesondheid uit die grond uit. Omkyktwak issie vir my nie. As ek eers myself in die ogies kyk verloor ek perspektief.
Ek het ook gehoor dat jy Wim moet snuif as jy vuil gedagtes het. Nou kry mens nie meer Wim nie en Louwater Komo gee my borrelsiekte.
:icon_bigsmurf:
-
Louwater Komo! Waar is 007? :icon_biggrin:
Soms waardeer ek my "toestand". :sign10:
'n Mens kry nog Wim, ek gebruik dit gereeld. :icon_biggrin:
-
Hulle het toe my longe gekry. Maar dis so vol anner goed dat dit nie lekker wil luier nie. Die weer hier by ons help ook nie lekker nie want dit reen alweer.
:icon_bigsmurf:
-
Ampoer val ek oor die woordmandjie. Heloooo? Iemand geroep? :love7: :notworthy:
-
Toemaar Naas, een van die dae is julle reënweer verby, dan kry ons dit weer.
Raaitjie, ek roep vir 007, sy kan kom oes! :icon_biggrin: Een van die dae oes jy weer dat dit gons matertjie. :love7:
-
Jy sal nie GLO hoe opgewonde is ekke vanaand nie. Dit voel soos laaaankal waar die ABC om elke hoek vir my geloer het :book1: :notworthy: I'll be back!
-
Ek sit hier op my besempie, alleen in die bos, maar ek skrik nie, ek wag net geduldig tot jy weer terug is. :icon_biggrin:
-
Oppas vir bosbrande aspoestertjie
:icon_bigsmurf:
-
Ek skrik nie vir bosbrande nie, ek het mos 'n besempie! :icon_biggrin:
-
Dink dit is tyd dat ons nuwe grassies en strikke op daai besempies kry PM :icon_biggrin: Myne lyk al biekie gehawend.
-
Ek gaan juis gou vanoggend vir meisiekind kuier. Sy het mos nou haar nuwe naelbesigheid oopgemaak en dit is vanoggend my tone se beurt. Ek stop sommer gou daar by "crazy store", hulle het die mooiste strikkies en blinkertjies.
Naas... jy en jou poespas stories. :icon_biggrin:
-
Hie hie ... kry sommer vir ons paar klokkies en fluitjies ook PM dan vorm ons trio met Naas :toothy4:
-
Wow, dat ons nou so saam aan dieselfde ding dink! Hier is die strikkies en blinkertjies, klokkies en fluitjies en sommer twee nuwe liewe Heksie hoedjies ook. (Myne se punt het mos afgebreek daar in die bos en joue het in die modder geval, onthou jy?
-
:icon_bigsmurf: Ek onthou soos gister suster! Ek gaan nou eers gou vloekwoordgom soek laat ek nou nie my
upholsteries ek meen blinkertjie en dies meer staat en verloor in ons sweeftog oor die erwe :notworthy:
-
Wow, ek het nooit aan gom gedink nie! :icon_biggrin: Ek het al 'n paar blinkertjies verloor daar waar ek draaie en swaaie
gehardloop gevlieg het oor die werfies met al hul pragtige lyne. Sien dit is al 61 keer gelees en dit laat my hartjie sommer warm klop. Dankie jou ou Woorddief! :love7:
-
:bootyshake: sonder julle was daar kale niks :book1: :notworthy:
-
Dit was nou weer 'n fees om 'n bietjie hier tussen die lyne te kuier. Hier was Kaggelvuur nog in wording. Nou is Volmaan uit en ek werk aan boek drie wat nog 'n titel kort!