Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Lox on August 26, 2011, 08:56:24 AM

Title: wees versigtig op pad
Post by: Lox on August 26, 2011, 08:56:24 AM
wees versigtig op pad maar wat en hoe maak jy as so iets jou oorkom? ek sal nie weet wat om te doen nie.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/DSC_0343.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/DSC_0348.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/DSC_0345.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/DSC_0346.jpg)
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: PM on August 26, 2011, 10:09:29 AM
Goeiste.  'n Vriend van ons het sy voertuig afgeskryf teen 'n koedoe en amper sy lewe ook verloor.  Dit is gevaarlik!
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: Meraai vannie Baai on August 26, 2011, 10:42:33 AM
Oi joi joi Stoffeltjie dit lyk naar man. Outop se die goed het mos neiging om te probeer spring bo-oor die motor. Diekant is die Roo'tjies altooslike maar 'n wesenlike gevaar op ons paaie. Veral vroegoggend en skemer kyk mens asof deur vergrootglase wat voor en langs jou aangaan. Bly jou vriend is veilig mater!
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: Angelica on August 27, 2011, 08:09:01 AM
Sjoe.. dit is 'n geweldige impak wat 'n stuk vleis en been maak teen 'n stuk metaal!!
Spoed?
Wat is dit wat die koedoes so aantrek na 'n voertuig met ligte? Of is ons maar net in hul habitat?
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: PM on August 27, 2011, 08:19:37 AM
Ek het verstaan dat die bokke die ligte as 'n "versperring" sien en dan daaroor spring, natuurlik met rampspoedige gevolge.
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: Lox on August 27, 2011, 09:45:32 AM
ons het eenkeer in 'n bus helder oordag agter 'n kar gery waar die koedoe oor die kar wou spring, seker geskrik, en toe lyk die kar ook soos die bakkie en die passasier het redelik seer gekry. hulle spring nie net in die nag nie maar in die dag ook.
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: Angelica on August 27, 2011, 12:25:10 PM
Lox, is daar ook ander bokke wat dieselfde reageer as 'n voertuig nader?
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: Lox on August 31, 2011, 12:21:59 PM
gits ek weet nie, kleiner bokke sal dalk eerder wanneer hulle verblind is stil staan in die pad ( ek het al een so dood gery en gelukkig nie die verkoeler beskadig nie)  ek het nog nie gehoor van ander bokke wat so maak nie. die ding met koedoes is dat hulle baie hoog kan spring, maklik 3 meter en die 3 meter heinings hou hom nie binne nie en hy hou van rondtrek en oor drade spring vir ander weiding. die ander wild beland nie so maklik in die pad reserwe nie.
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: Naas on August 31, 2011, 06:03:45 PM
Ons het soortgelyke ervaring in Zimbabwe gehad.
Wat gewoonlik gebeur, volgens die wilbewaarders daar, kan die koedoe nie die motor sien nie maar net die ligte. As hulle aan die "verkeerde" kant van die pas is sal hulle oor die ligte probeer spring. Die is hoekom hulle gewoonlik die dak tref. Blykbaar spring hulle net so hoog soos hulle voel nodig is en nie hoger nie.
As jy in koedoewereld in die nag ry moet jy ligte op die dak sit dan spring die koedoe gewoonlik los oor die bakkie of glad nie. Daar is ook fluitjies wat die mense op die modderskerms monteer wat 'n klank veroorsaak wat die koedoes afskrik.
Die rodeo bakkie waarin ons gery het se dak het nes die toyota s'n gelyk. Die koedoe... Wel hy het opgespring en verder gehardloop.
Jy is reg Lox, mens sien hom wei, sien hom spring, maar jy is magteloos om iets te doen. Ons het konvooi gery en die koedoe het die agterste bakkie bespring. Die drywer se woorde toe hy spring was. "hoekom ek?"




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: PM on September 01, 2011, 08:02:14 AM
Dit maak sin Naas.  Die voertuie voor in die konvooi was verlig deur die ligte van die agterste voertuie.  Die laaste voertuig was dus onsigbaar vir die koedoe. 

'n Lig bo-op die dak klink na die beste oplossing. 
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: Lox on September 02, 2011, 06:27:39 PM
daai lig op die dak klink ook na oplossing alhoewel nou die dag op RSG 'n praatjie was oor voertuig ligte en daar is gesĂȘ dat ligte op die dak onwettig is.

maar dan bly wonder ek steeds hoekom spring hy helder oor dag ook terwyl hy die voertuig kan sien.

ek het ook gehoor van dat as jy die dakliggie binne in die kajuit aansit is die kans dat die koedoe spring minder.
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: Naas on September 02, 2011, 07:34:57 PM
Dakliggie maak dieselfde sin as ligte op die dak. Koedoes wat in die dag spring is bitter skaars.
Enige motor word beperk tot Vier kopligte wat vorentoe wys. As daar meer is moet dit toegemaak word. Ekstra ligte moet saam met die hoofligte (Skerp ryligte) afgesit kan word.
Die dakligte vir koedoes hoef nie ryligte te wees nie maar kan ook die klein liggies wees wat deur vragmotors gebruik word om hul sigbaarheid agter bulte te verbeter.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: wees versigtig op pad
Post by: PM on September 03, 2011, 07:33:45 AM
Ek bly net hier, hier gaan ek nog slim word.   :icon_biggrin: