Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on August 22, 2011, 12:22:16 PM

Title: Carnarvon Gorge Queensland
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2011, 12:22:16 PM
Die voorreg gehad om vir 'n week lank so paar kilometer per dag deur hierdie aardse paradys te dwaal met Liewe Heer's wieletjies (per voet). Eerste foto is die uitsig waar ons gekamp het reg langs die creek. Skuif tog maar sebliefie so effe na regs met jou muis om die prentjies in geheel te kan sien. Die oumens is knoppies-gestremd  :icon_bigsmurf:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/116-1.jpg)
Title: Re: Carnarvon Gorge Queensland
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2011, 12:24:41 PM
Gelukkig het Naas my voor die tyd gewaarsku om nie vir die plaaslike bevolking my kleurkryt te gee nie want hulle skryf op alles LOL. Ek plaas die inligting wat ek langs die staproete afgeneem het ook vir so effense 'agtergrond-geskiedenis' vir die maters.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/220.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/182.jpg)
Title: Re: Carnarvon Gorge Queensland
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2011, 12:27:52 PM
Na baie kilo's se stap (en tien meter loodregte trappe) het ons siele kon verkwik in die  amfiteater

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/222.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/302.jpg)
Title: Re: Carnarvon Gorge Queensland
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2011, 12:33:38 PM
Die mos-tuine was 2de gunsteling rusplek !!!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/223.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/366.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/381.jpg)
Title: Re: Carnarvon Gorge Queensland
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2011, 12:34:39 PM
Hierdie ou reus het my hart gesteel

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/1992.jpg)
Title: Re: Carnarvon Gorge Queensland
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2011, 12:43:59 PM
Natuurlik sal die klikbekkie ook die volgende inwonertjie moes afneem om reg te laat geskied aan die tipiese Gatkantlandse (Down Under) toneel  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/170.jpg)
Title: Re: Carnarvon Gorge Queensland
Post by: PM on August 22, 2011, 12:50:29 PM
Dit is  Groots Raaitjie, ek kan glo dat jou siel vol gedrink is.  Die ou boom en sommer alles sou ook my hart gesteel het.  Dit is so pragtig.  Dankie vir die inligting.  Dankie vir die deel daarvan.  So bly julle is veilig tuis. 
Title: Re: Carnarvon Gorge Queensland
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2011, 12:57:18 PM
Groot voorreg soos altyd mater. Plaas gou nog enetjie om te wys dat dit soms amper hande-viervoet moes gaan om aan die oorkant te kan kom. Opgehou tel hoeveel keer ons die creek moes kruis so maar kan getuig dat ek dit GANIET het na ek my vrees vir val oorkom het :) Stewels in my hand en die klikbekkie in Outoppie se veilige hande het ek myself bederf om van klippertjie tot klippertjie te spring soos wafferse roo! Waar dit vlak genoeg gelyk het, het ek sommer waterlangs die anderkant bereik  :bootyshake:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/274.jpg)
Title: Re: Carnarvon Gorge Queensland
Post by: PM on August 22, 2011, 01:02:21 PM
Sulke klippe kan slymerig raak so onder die water.  Ai, dit is so mooi en lyk so rustig, dankie tog vir klikbekkies!
Daai boom wen nog eerste prys Raaitjie.