Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on August 21, 2011, 04:39:58 AM
-
Boom
jy sambreel soos 'n reuse akker
bo-oor my oor my
gooi jy jou skadu
beskermend
teen swerk en bloedig son
die sefier uit die weste laat jou kraak
soos ou hout wat breek
of nee, dis jy wat my gerusstel
ek eet jou vrugte van dimensies
ryp in jaarringe
en altyd is ek maar daar
en altyd sambreel jy maar
altyd
soos skadu's onder bome
-
Mooi Elle, 'n pragtige nuwe woord "swerk" wat ek hier by jou kom leer het vandag. :hello2:
-
en swerk beteken?
-
WW, 'n 'swerk' is 'n donker dreigende wolk.
-
"swerk en sefier" wolk en wind
Lekker om jou raak te lees hier in Elle se plek WW. :hello2:
-
swerk kan ook beteken "hemel, uitspansel" en ek wou juis nou vra in watter konteks swerk hier gebruik word, as drywende donker wolke of hemel/uitspansel.
-
Ek het 'swerk' gebruik om donker, donderend wolke, onweer, te beskryf.
Hy is die 'sambreel' wat my van bogenoemde beskerm.
Hy is die 'sefier', die lafenis uit die Weste wat my beskerm teen die aanslag wat my soms tref.
Hy het hierdie ongelooflike stem wat soos ouhout in my oor breek wanneer hy my gerusstel.
Hy is altyd daar, soos 'n skadu onder 'n boom.