Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Lox on August 19, 2011, 03:21:56 AM
-
ons jongste seun se een pel het 'n naweek by hartenbos gewen
die prys is 'n rondawel vir 4 vir 'n naweek.
hy nooi toe 3 van sy pelle en ons anton is een.
toe besluit die 4 pa's ons sal hulle neem en ons eie rondawel huur.
dus is dit 'n pa en seun naweek wat vir ons wag. wil vanmiddag 2 uur ry, dis so 300 km van hier.
ek hoop ek kan op i manier fotos neem wat moeite werd is om te wys.
moet nog inpak ook en iets te ete bymekaar krap om te vat. en o ja so drink dingetjie sal ook lekker wees.
-
Ek hoop julle sal dit baie geniet Lox. Ons wag vir 'n paar mooi foto's. Raaitjie sal ook volgende week terug wees en dan sal sy sekerlik ook 'n paar foto's kom plaas.
Skink vir ons ook 'n doppie en klink daai glasies. Kom veilig terug. :wave:
-
Stap hier verby toe hoor ek glasies klink; vrolike stemme. Maak die uwe net daar 'n stofdraai en kom loer wat gaan hier aan :wave: Ons is ook weer tuis na die kort ou wekie in die woude wat omtrent gevlieg het! Stoffeltjie myse plek is soos altyd geboek vir daai fotos!!
-
Wanneer gaan jy die foto'tjies plaas? Ek wil SIEN!!! Ek hoop dit was 'n AWESOME naweek gewees :icon_biggrin:
-
o vrek, dankie dat julle my herinner, ek het skoon van die fotos vergeet, sal dit nog moet kleiner maak en opsit ja
ek en ander pel albertus plan om Dinsdag en Woensdag die ceres karoo te besoek, hoop ek kry daar ook mooi fotos.
-
Ek hoop ook jy kry mooi foto'tjies mnr Lox :toothy4: :toothy4: