Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Lox on August 17, 2011, 11:02:56 AM

Title: lox se bydrae tot die boek
Post by: Lox on August 17, 2011, 11:02:56 AM
ek weet nie of julle my bydrae wil sien nie maar hier is so deel daarvan.

Hierdie was die eerste probeerslag
en het nie so soos dit hier lyk die einde gehaal nie
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/1nbietjiebotsw1print.jpg)

hier is nog 'n paar wat nie so  soos dit hier lyk die einde gehaal het nie

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi13.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi11.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi7.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi5.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi4.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi16.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi1.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi2.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi8.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi9.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/uitgooi10.jpg)

Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: PM on August 17, 2011, 04:47:17 PM
Wow Lox.  Dit het nie die boek so gehaal nie, maar dit wat ek in die voorskouboek gesien het is pragtig.
Ek wag vir daai CD my vriend. 
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Lox on August 17, 2011, 04:53:39 PM
dis oppad PM, sal môre blykbaar daar by julle poskantoor wees.

moet ek die finale prentjies vir die boek ook plaas?
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Chichi on August 18, 2011, 01:02:23 AM
Sjoe dit baie mooi mnr. Lox!!! mal oor die duik fototjies!!  :icon_biggrin:
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: PM on August 18, 2011, 06:18:39 AM
Jy kan ja!  Hoekom nie?  Dan kan ek die CD direk aan Henk besorg.  Baie dankie vir jou mooi aandeel aan die boek Lox.  Jou werk is pragtig.
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Gawelina on August 18, 2011, 06:36:26 AM
Loxie, dis pragtig! Jy het verniet geworry of dit mooi genoeg sal wees.
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Lox on August 18, 2011, 07:15:08 AM
dankie julle. ek sal kyk of ek netnou kans het om die boek fotos te laai. van di ehierbo is gebruik maar die geskryf het ek uitgehaal, dit spoil die foto.
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: PM on August 18, 2011, 09:30:10 AM
Lox, ek wou nog sê, sodra hierdie boek afgehandel is begin ons solank met die volgende een.  Ons sal uit die aard van die saak baie meer tyd hê om daaraan te werk en te spaar.   :icon_biggrin:
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Lox on August 18, 2011, 10:32:03 AM
en ondervinding hê wat werk en wat nie
ek dink aan my stories te vertel op een blad en die vlg blad dan foto of 2 te plaas wat iets van die storie op die blad wys langsaan wys
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: PM on August 18, 2011, 01:16:05 PM
Dit is nie maklik om almal gelukkig te hou nie,  maar ek dink dit is 'n uitstekende gedagte,  dan is almal tevrede.   :love7:

En ek is natuurlik "almal".  *lag*
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Chichi on August 18, 2011, 10:55:38 PM
hey....................

ek is ook maklik tevrede, ek dink Loxi het talent en maak nie saak hoe hy wat verander of bysit nie, dit gaan steeds goed lyk oordat hy smaak het.
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: PM on August 19, 2011, 09:45:46 AM
As jy al Lox se skurwe voete gesien het sal jy weet hoeveel myle hy al agter daardie talent aan geloop het.   :sign10:

Hy mag maar want hy kan!   :hello2:
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Lox on August 21, 2011, 08:46:30 PM
praat jy van iets soos dit wat my voetspoor kan wees PM?
Olifant wen my net net.
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%202008/0031Askurwespore.jpg)

of dalk die ware jakob

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%202008%203/075Fskurwevoet.jpg)

wat so van naderby lyk?

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%202008%203/076Fskurwevoorvoet.jpg)

met so paar jare se myle agter die blad.

loop die skoene van binne af op, en die lakens skuur deur, gelukkig is die vrou baie korter as ek anders sou haar onder bene permanent vol rowe wees.


Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Angelica on August 22, 2011, 06:02:02 AM
Lox, ek sal nou nie se ek is mal oor jou voete nie, maar jou foto's maak 'n honderd keer op daarvoor.
(Dalk moet jy sokkies aantrek bed toe. Jy vrou sal dit baie waardeer).
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: PM on August 22, 2011, 06:06:56 AM
Dit is presies daardie voete waarvan ek praat.   :sign10:  Jy kan 'n kameeldoring trap dat hy huil.   :love7:

Ek dink ook nie die warm sand het enige impak op jou nie Lox.
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Chichi on September 06, 2011, 08:36:59 PM
holy crap, as deel van my professie wil ek jou nou net laat soak vir 20minute en dan met al my equipment jou voete reg maak!! hehe
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Lox on September 08, 2011, 08:39:04 AM
Tjiekie, 2 dinge, jou equipment sal stomp raak en dan moet my voete so hard wees dat ek die duwweltjie dorings kan trap dat hulle ogies kan traan.

gehoor van die girl wie se bynaam duwweltjie was?
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Chichi on September 08, 2011, 02:59:17 PM
Lox, een ding:  SKOENE

en nee ek het nie, wat van haar?
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Lox on September 08, 2011, 04:21:04 PM
ek sal jou van duwweltjie in die kroeg afdeling moet vertel
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Chichi on September 08, 2011, 05:47:58 PM
hehe ek het dit gesien en ek het my antwoordjie daarop gegee  :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Lox on September 09, 2011, 03:35:12 PM
Skoene? ek het al in sub A stry gekry met skoene toe ek skool toe is. kan die goed nie aan my voete verdra nie.
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Chichi on September 11, 2011, 03:31:42 PM
ek hou van skoene. ek het rerig baie van hulle.... soosin regtig baie.... ek dink ek het 'n probleem met skoene. 
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Angelica on September 11, 2011, 03:39:48 PM
Tjiets, jy en Lox het albei probleme met skoene...
Dis soos die klomp van die Weskus, hulle dra ook nie skoene nie. Kom stad toe kaalvoet.
Hulle verweer?.. Hulle is nie met skoene gebore nie.
Geskoei of nie, dis die hart binne die borskas wat saakmaak.
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Chichi on September 11, 2011, 05:21:35 PM
hehe

ek loop ook kaalvoet rond, binne in die huis. en nie in die garage nie.  maar nooit kaalvoet buite nie, net op die strand! my voetjies is soos marie biscuits, hulle is maar sag en kry maklik eina.  ek het gister vir my 'n nuwe paar skoentjies gekry... kyk die foto, hulle lyk amper so, hulle zips lyk net bietjie anders

(http://i74.photobucket.com/albums/i252/tienks/images.jpg)

Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Lox on September 12, 2011, 05:40:27 AM
dankie angeliek

tjiekie, dit sal darem ook nie mooi lyk as jou agter voete soos myne lyk nie. e wil ook darem  hê dat my vrou se voete sag moet wees. is genoeg as ek die lakens verniel.
Title: Re: lox se bydrae tot die boek
Post by: Chichi on September 13, 2011, 07:11:58 PM
hehe ag wat dames kyk altyd mooi na hulle voetjies!!!