Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: PM on August 17, 2011, 09:37:20 AM

Title: Pryse vir ons digkompetisie wat kom.
Post by: PM on August 17, 2011, 09:37:20 AM
Ons het al 'n paar mooi pryse gekry vir ons digkompetisie wat sal afskop sodra die boek persgereed is.
Cairoo het ses opvoedkundige programme ter waarde van R12,000.00 geskenk.
Models and All het 'n radiobeheerde helikopter geskenk.
Sodra die ander pryse in plek is sal ek dit kom noem.
Title: Re: Pryse vir ons digkompetisie wat kom.
Post by: Angelica on August 19, 2011, 06:39:31 AM
PM, jy hou ons op 'n high met die boek en die kompetisie.
Lekker positiewe goed in die baie neerslagtige wereld van die koerant.
Title: Re: Pryse vir ons digkompetisie wat kom.
Post by: PM on August 19, 2011, 09:50:47 AM
Ek probeer hard matertjie.  Weet net nie wat van die ander ouens geword het nie.  Is hulle kwaad vir my?

Butterfly Fairies Nail Bar het vir ons 'n "Manicure" geskenk.  Ongelukkig is hulle in Pretoria.  As 'n Kapenaar dit wen sal hy/sy moet kom kuier om die prys op te eis.  :toothy4:
Title: Re: Pryse vir ons digkompetisie wat kom.
Post by: Angelica on August 19, 2011, 07:32:21 PM
Giggles... Dit is om 'n vliegkaartjie te koop van R3000, B&B van mmmmm R1500, Car Hire nog 'n Rbaie.... vir 'n gratis manicure. Hulle kan maar 'n Woolies voucher stuur, of so iets. Sou ek ooit so-iets wen, dis nou die manicure, skenk ek dit vir die Kaptein van die skip.
Title: Re: Pryse vir ons digkompetisie wat kom.
Post by: PM on August 20, 2011, 08:23:35 AM
Vlieg met Mango,  R800.00 retoer, bly gratis in PM se gastehuis, etes gratis en as jy nie omgee om met Tweety te ry nie, het jy vervoer.  Hoes daai?