Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Chichi on August 07, 2011, 10:45:19 PM

Title: Die proses
Post by: Chichi on August 07, 2011, 10:45:19 PM
So ek wou julle gou bietjie gewys het hoe dit lyk vandat ek die skets gemaak het tot die finale produk....

Ek het nounet begin, vinnige hand skets, ingescan en net die lyntjies netjies gemaak.

So hier is prentjie een!
(http://i74.photobucket.com/albums/i252/tienks/Gimp%20edits/Sittinggirl1.jpg)

Ek sal dit opdateer soos wat die beeld form  :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Die proses
Post by: Chichi on August 07, 2011, 11:06:24 PM
So al hierdie kort natuurlik nog baie werk... hier is skets2!!!

(http://i74.photobucket.com/albums/i252/tienks/random/Sittinggirl2.jpg)
Title: Re: Die proses
Post by: Lox on August 08, 2011, 08:06:18 AM
dankie tjiekie, dit sal interessant wees. jy is definitief meer kunstig as ek. ek is bly jy steek dit nie onder die emmer weg nie en dat jy dit deel met ons.
Title: Re: Die proses
Post by: Fransi on August 08, 2011, 09:36:00 AM
 :hello:

Pragtig! Ek sien daarna uit om die volgende stap te sien. :-)
Title: Re: Die proses
Post by: Lox on August 08, 2011, 11:50:07 AM
hoe en waarmee kleur jy dit in?
Title: Re: Die proses
Post by: Chichi on August 08, 2011, 03:29:03 PM
Ag dankie julle, sal vanaand weer bietjie 'teken' en dan dit opsit wat ek gedoen kry  :icon_biggrin:

Ek gebruik so oulike programmetjie: GIMP, dit is baie soos photoshop, net baie awesomer, en kan baie meer daarmee doen natuurlik.

Dit vat so rukkie om gewoond daaraan te raak om net die muis i.p.v 'n pen te teken, self die inkleur werk is anders, en die uitvee ook.  Maar nadat ek dit gewoond geraak het is dit heel eenvoudig. Soos ek vroeër al gesê het, ek sal daarvan hou om 'n Tablet te hê sodat ek al die dingetjies daarop kan doen, maar nou ja, ek moes kies tussen dit en om my kennis in my veld so bietjie verder uit te brei. 

Title: Re: Die proses
Post by: Chichi on August 08, 2011, 05:54:14 PM
(http://i74.photobucket.com/albums/i252/tienks/Gimp%20edits/Sittinggirl3.jpg)

(http://i74.photobucket.com/albums/i252/tienks/Gimp%20edits/Sittinggirl4.jpg)
Title: Re: Die proses
Post by: Chichi on August 08, 2011, 09:32:40 PM
(http://i74.photobucket.com/albums/i252/tienks/Gimp%20edits/Sittinggirl5.jpg)
Title: Re: Die proses
Post by: Fransi on August 09, 2011, 10:49:42 AM
 :hello:

Ek is mal hieroor. Pragtig!
Title: Re: Die proses
Post by: Lox on August 09, 2011, 06:52:30 PM
as jy talent het en dit gebruik is dit baie nice, dankie tjiekie
Title: Re: Die proses
Post by: Chichi on August 09, 2011, 09:48:33 PM
haha lox, as ek talent het? EK HET TALENTE

hehe julle is almal baie nice, baie dankie!

 :icon_biggrin: :icon_biggrin:

In die teken forums is my werkies ook maar crappy. Julle moet hulle werk sien, dit maak my skaam om eers na myne te kyk...
Title: Re: Die proses
Post by: Lox on August 10, 2011, 05:47:48 AM
tjiekie jy moet net aanhou oefen
ek dink dis gary player wat gesê het golf is net geluk ( om die bal in die gat te slaan) en hoe meer hy oefen hoe gelukkiger raak hy.

dis seker so met al ons talente, moet hulle gebruik en oefen anders roes hulle vas.

Title: Re: Die proses
Post by: PM on August 10, 2011, 06:05:22 AM
Dit is die waarheid, hoe meer jy oefen en leer, hoe beter raak jy.  'n Mens mag na die groot meesters kyk en dan skouer aan die wiel sit om ook daar te kom.  Beter ek nou stilbly voor Chichi weer vir my 'n wiskundes som vra.   :toothy4:
Title: Re: Die proses
Post by: Chichi on August 10, 2011, 08:02:08 AM
Oh nee ek stem definitief saam!!! Practise makes perfect!!! Maar prioriteite speel hier 'n rol, wanneer mens baie besig is is dit jou stokperdjies wat swaar kry  :icon_biggrin: :icon_biggrin:

haha PM jy kan wiskunde doen, almal kan! Dit is rêrig eenvoudig om te verstaan, en sodra jy die formules ken dan is jy die baas!
Natuurlik moet jy ook net konsentreer en oplet war mens die meer ingewikkelde goedjies leer, maar dits al wat daaraan skuil!
 :bootyshake:
Title: Re: Die proses
Post by: PM on August 11, 2011, 07:44:40 AM
Ek terg jou maar net 'n bietjie Chichi.   :icon_biggrin:  Netnou dink die ouens ek is te onnosel om met hulle geld te werk.  Jy was reg, ek kan twee reguit strepe langs mekaar trek,  sien,  11.  Ek moes 'n bietjie oefen,  :icon_biggrin: "perfect practise makes perfect".   :bootyshake:
Title: Re: Die proses
Post by: Lox on August 11, 2011, 01:57:56 PM
ek kan ook 2 reguit strepe langs mekaar trek, as ek die liniaal stil genoeg gehou kan kry, een streep aan weerskante van die liniaal.
Title: Re: Die proses
Post by: Chichi on August 11, 2011, 04:38:58 PM
YAY!!! PM ek is verskriklik trots op jou, nou moet jy daai twee strepies net verleng en bietjie buig en dan teken jy met gerief  :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Die proses
Post by: PM on August 14, 2011, 05:42:03 PM
Ek het jou raad gevolg en met 'n kolletjie hier en daar het ek dit reg gekry!
j j j sien hoe oulik is ek!   :toothy4:
Title: Re: Die proses
Post by: Chichi on August 14, 2011, 07:40:53 PM
jy sien, hoe meer jy oefen, hoe beter!!! eendag kan jy alles net los, skilder e miljoene maak daarmee! Ek sal nou nie aanbeveel jy probeer jou goed nou al verkoop nie, mense mag dalk bietjie vir jou giggel  :evil6: :evil6: :evil6: Maar, hou maar net sterk  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Die proses
Post by: PM on August 15, 2011, 07:20:13 AM
Ek hou van jou mooi sin vir humor Chichi, asook van jou mooi werk.   :bootyshake: 
Title: Re: Die proses
Post by: Chichi on August 15, 2011, 08:02:23 AM
Aag dankie PM!!  :love5:

Ek sal seker die week weer bietjie aan daardie prentjie werk!! hehe
Title: Re: Die proses
Post by: Lox on August 17, 2011, 07:03:54 AM
tjiekie, jy praat van hou jou strek as mense oor jou werk giggel, ek was in van Gogh museum in amsterdam, ek wou lag vir wat kuns genoem word maar daarmee het hy beroemd geraak.
Title: Re: Die proses
Post by: PM on August 17, 2011, 08:36:06 AM
Hy is ook nie die enigste een wat met sulke aardighede beroemd geraak het nie.  Wat van Picasso!
Title: Re: Die proses
Post by: Jeannedarc on August 17, 2011, 09:20:40 AM
PM

ek het al probeer om soos Picasso of Vader Claerhout ook sulke lyne te trek en toe agter gekom dat ek maar nog net Natalie-Dominique is. Mmmm ek sal nog baie moet oefen om 'n Picassonina te kan word.
Title: Re: Die proses
Post by: PM on August 17, 2011, 09:30:11 AM
Julle kan darem nog lyne trek en daar kom 'n prentjie, ek kan darem rympies maak en daar kom 'n smaailtjie.   So nou en dan.  :icon_biggrin:
Title: Re: Die proses
Post by: Lox on August 17, 2011, 10:45:35 AM
ek neem sommer die prentjie af, dis makliker.
Title: Re: Die proses
Post by: PM on August 17, 2011, 04:49:41 PM
Ek stem saam.  Ek lig my hoed hoog vir ouens wat mooi kan teken, verf, ens.  Mooi foto's is ook pragtig Lox en jy weet hoe om 'n prentjie deur 'n lens te verewig. 
Title: Re: Die proses
Post by: Chichi on August 18, 2011, 12:51:13 AM
Ek dink enige talent is a waardevol ene, of dit nou skilder, fotografie, skryf of selfs meer dinge soos dans of sing. Dit bly mooi, dit maak my hartjie bly om te sien as iemand goed is in iets en dit geniet om dit te doen!!

Vader Claerhout se werk is vir my verskriklik mooi, geniet dit baie maar sal nooit my werk in daardie rigting stuur nie

 :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin: