Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on August 06, 2011, 05:33:19 PM
-
Die teepartytjie
Mevrou de Wee, wat van nog ʼn koppie tee?
Ag nee wat, Meneer van Graan
moet u regtig nou al gaan?
Die tee is reeds
ingeskink
of wil u weer gaan rinkink?
Die koekies het ek self gekoop
toe ons gister verby die winkel loop.
Die koppies is die nuwe stel
waaroor Ouma so rond moes bel.
Die stoeltjies is bietjie klein
maar ek is mos maar fyn.
Kyk hoe soet sit my kinders nou
spesiaal getooi net vir jou.
Die melk is bietjie min
gooi tog minder in.
Suiker is te soet
en vir die tande glad nie goed.
Ag nee man, Pappa, sit nou stil.
Jy maak ook nes jy wil.
Dogtertjies nooi jou vir tee
maar jy speel nie lekker mee.
Mammas doen die ding net reg
En gaan ook nie sommer net weg
Die heuningdief
Steel is stout
sê Mamma Beer
Ag, Mamma,
dit was ʼn fout
maar ek wou nie steel.
Ek wou maar net
die bye in hul
huisie gaan groet.
Ek kan nie help
dat die heuning toe
aan my pootjie bly klou.
My pootjie was so taai,
ek moes dit mos aflek.
Dit was toe dat
ek dit eers proe.
Ek het nie geweet
dit is stout.
Maar O Mamma
die heuning was
dan so lekker soet
Die kat se bad.
Jannie, waar is die kat alweer?
Hoekom het hy netnou
so vreeslik geskree?
Ag, Mammie
ek wou die katjie bad.
Hoe moes ek nou weet
katte hou nie van nat?
-
Gawie... daar is so min, of amper nie, kinder digbundels.
Jy kan jouself vestig, girl.
xx
-
Baie dankie, maar ek weet nie so mooi van daai ene nie. Hehehehe dit kom nie halfpad so maklik soos my "warm" versies nie. lol.