En hier is adéle se pragtige voorbeeld waar sy hierdie slypsteentjie gebruik het :notworthy:
Stortreën spoel leegtes
tussen hemel aarde helderskoon
donker dreunings rammel saam
met elk bliksemstraal neer;
in die veld kruip wesens
diep ver weg,
riviere oorstroom
honderde meters ver
en net soms kleur die uitspansel
agter die son se warmte deur.
© adéle