Die "Caesura-tegniek" / "Tipografiese wit", kan ingespan word vir daardie tikkie 'ritmiese zing' tussen die lyne.
Soos met gewone spreektaal, laat ons die leser hier rus tussen woorde met die gebruik van 'n dig-element, meestal sonder die gebruik van leestekens.
Gewoonlik word die Caesura aangedui met '||' om gedagtes op te breek:
"To err is human; || to forgive, divine." by Alexander Pope
Hierdie tegniek kan ook op 'n paar ander maniere toegepas word om ritme oor te dra aan jou gehoor. Met of sonder leestekens - deur die gebruik van 'spasies' in die plek van '||'
T.T Cloete het hierdie kreatiewe tegniek amper as sy handtekening ingespan. Gaan lees gerus sy 'Leopold', en uit die bundel 'Jukstaposisie' is "Slaan toe" en "Die afspraak" ook pragtige voorbeelde van die gebruik van wit spasies. Waar woorde sodoende kans kry om in te sink by die leser/gehoor.
Ek gaan versreëls uit Cloete se 'Slaan toe' (slegs as voorbeelde vir opvoedkundige gebruik), plaas waar hy sy sin heel in die begin, (dus 'n derde van die reël) opbreek: het hy Ronsard verheerlik in sy vers
Die volgende metode is waar die reël feitlik in die middel verbreek word:
voor ou huise die verkeer
Hier is 'n voorbeeld waar die sin aan die einde 'n rusplek kry tussen die laaste woorde:
bewegende mense strome
En dan is daar ook die toepas van wit spasies wat Cloete op verskeie plekke in een reël gebruik:
water ploeë ou bome
Breytenbach het in "(B)ekommernis" hierdie verskynsel baie opvallend toegepas in sy slotreël met groot wit spasies tussen hierdie drie woorde:
"amen klokkespel bekommernis"
Ek haal graag aan uit 'n gedeelte van Zandra Bezuidenhout se artikel (Afrikaans in Europa):
"Die betekenis van 'n gedig lê immers nie net in sy woorde nie, maar veral ook in die manier waarop die woorde aangebied word.
Die gebruik van kommas, kommapunte of punte, asook van strofes, reëlbreuke of wit spasies van enige aard, is deel van die digter se arsenaal waarmee die leser gemanipuleer word om saam te beleef.
Doelbewus moedswillig en afwykend dus, maar dit is die digter se prerogatief; dis die spel wat hy of sy speel, en waartoe die leser uitgenooi word!"
Ek het toeka se woorde gebruik om hierdie geselsverse saam te stel waar die tegniek van tipografiese 'witspasies' toegepas word in die laaste reëls van die 1ste, 3de en 6de verse.
Vanmelewe ...
Sawens om die skoongeskropte kombuistafel,
sit die kjenners nes hoenders op stellasies.
Pagoed het stil verdwyn met die draadloos;
hy gaan 'n wyle skuinslê, magoed sal omsien
na huis en haard opgetooi met oulap se rooi.
Die gedurige aanmaan en gestaan agter klôgoed
nes 'n grêmmefone wat vashaak in die agtergrond:
"Span daai harregat klapperdoppe ín vir 'n slag!
Tiekies en pennies, sjielings en halfkrone, dié
groei nie aan bome nie. Julle moet geleerd kom!"
Ons doet so voort Moeder! Ses griffels krap oor leie.
Streepsuiker is jou voorland sou jy dink aan slaplê!
Vandeesjaar is Ouboet se laaste boeksakdra;
sy skaapogies en gesoek na perde en osse,
die is púre verniet aanskomende jaar kom hy boer.
Die gôwerment het brieke aangedraai met die aalmoese,
dis glo 'n bielie van 'n saak; hiér te kort en dáár te lank.
Ieder en elk - Gatjieponners, Hervormes en Doppers,
die is nou aan't swoeg en sweet vir elke mudsak koring
soos die Grootboek beveel om jou hand aan die ploeg te slaan.
Van gunste en gawes die is daar geen sprake meer van nie!
Vir elke sjieling of pond sal jy kromstaan of sekel swaai,
prosedeer gaan vir jou nie 'n tiekie ekstra in die sak bring nie.
Elke man vir homself. Ou Sekelstert sal sorre vir die res;
dít is die wet van Transvaal my geliefde ou swaer.
Voordag met die haan se kraai, trek jy suutjies
die warm flênnie oor jou blaaie en stook die koue vuur.
Skouer aan die wiel; baie myle lê tussen saai en oes.
Dank die Liewe Vader, voor jouse twak staan en nat worre
en jy Bokveld toe verhuis sesvoet ônner die grond!
© Meraai vannie baai
Wanneer ons 'n gekonstruktueerde gedig skep, speel tipografiese wit 'n baie belangrike rol. Hier is 'n voorbeeld uit ons album:
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/EphrasisAlbum009.jpg)
Variasies vir oogplesier:
Ek skuil agter skimmel gedagtes
'n valse geborgenheid verduister
die teisterende beelde van gister
wat geil rys uit gekisde verledes
© Meraai vannie baai
******
Hier het ek spasies gebruik om woorde te manipuleer vir die gekonstruktueerde dubbeldoor (vertaalde verse in een gedig) Let op hoe die twee sleutelwoorde in die titel ondermekaar vertoon.
*I & Ek
Nana, today I wanted to write you a poem
but all that I can think of now is
how much I love you!
Ouma vandag wou ek vir jou 'n gedig skryf
maar al wat ek nou aan kan dink is
hoe baie lief ek Ouma het!
*gediggie se woorde was geskep deur ons kaboutertjie 'n paar jaar gelede toe hy op 8 jaar oud, graag Afrikaans wou leer praat om die 'meisies' te beindruk.
******
Nog 'n voorbeeld waar ons visuele plesier en afwisseling kan verskaf in ons vertaalde verse:
Soms, maak ons deure oop en toe in ons haas
deur die lewe se gange en ons eie woorde
- laat diep wonde en merke agter -
Sometimes, hastily we open and close the doors
through life's hallways and our own words
- left deep wounds and scars behind -
© Meraai vannie baai
En hier is adéle se pragtige voorbeeld waar sy hierdie slypsteentjie gebruik het :notworthy:
Stortreën spoel leegtes
tussen hemel aarde helderskoon
donker dreunings rammel saam
met elk bliksemstraal neer;
in die veld kruip wesens
diep ver weg,
riviere oorstroom
honderde meters ver
en net soms kleur die uitspansel
agter die son se warmte deur.
© adéle
Ag, ek het nou weer baie lekker gekuier hier tussen die lyne en die tipografiese wit! Raaitjie, hierdie moet boek toe asseblief.
Ek sal deur die voorbeelde wat ons het gaan, en dit vir jou gaan plaas matertjie. Ek weet jy het hierdie styl vervolmaak!!! :hello2: :notworthy: :icon_salut:
Ek lief die tipografiese wit en sal dit sommer orals gebruik waar ek kan. Almal sal net nie weet hoekom laat die ou ding so baie spasies nie, maar terwyl hulle daaroor top sal ek my doel bereik! :icon_biggrin: