Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on July 25, 2011, 08:17:42 AM

Title: Klawernoot, klinker
Post by: Jeannedarc on July 25, 2011, 08:17:42 AM
Sagvloeiend, fortissimo
Stroom note vanuit klavier
Op die wieke van vingers
Dartelend oor ivoor en raafswart klawer

In die dieptes van my hart
En die kronkelgange van my denke
Borrel en bons klinker, konsonant
Afwagtend om gespreek te word

Skaam skugter gly notebalk
Uit die vleuelklavier  se buik
En klinker konsonant glip glad
Van stemband en tong

Op die maat
Van ‘n tokkelend kitaar
Trou klinker en konsonant
Met klawerklanke op hul notebalk

En gebore uit die huwelik
Van klawer en klinker-konsonant
Liedere en sang
Wat sag val op die oor

Ek het Vrydagaand 'n vertoning van Jennifer Zamudia bygewoon. Bo en Behalwe dat ek die vertoning vreeslik geniet het, het die inspirasie my ook beetgepak. En stout het ek toe in die vertoning begin skryf aan bogenoemde, ja op my smartphone wat mos eintlik maar 'n palm rekenaar is. Saterdag het ek toe gepoog om iets te skryf wat die huwelik en geboorte van 'n lied virsinnebeeld.
Title: Re: Klawernoot, klinker
Post by: PM on July 25, 2011, 08:21:06 AM
Dit is baie goed gedoen en ek hou daarvan.   :bootyshake:
Title: Re: Klawernoot, klinker
Post by: adele on July 25, 2011, 08:26:11 AM
ekke ook, en jou titel trek dadelik my aandag.
Title: Re: Klawernoot, klinker
Post by: Ah Willa on February 19, 2012, 12:54:23 PM
Ek hoor die klanke uit die klavier se buik - pragtig
Title: Re: Klawernoot, klinker
Post by: PM on February 20, 2012, 07:49:11 AM
Dit is werklik pragtig.