Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on July 24, 2011, 09:54:08 AM

Title: jy is...my lief
Post by: Gawelina on July 24, 2011, 09:54:08 AM
Toe die son vroegdag
oor die bergtop loer,
en die voƫls luidkeels
oor ons liefde skinder ,
het ek my verlustig
in jou lyfkontoere

elke spier, elke ronding
elke sagte soen-my plek
het ek weer bemin,
elke sug, elke kreun,
elke sagte fluistering
in encore terug geroep

en toe ons saamwees
in vuurwerke oopbars
en hemelruim inkleur
met vonk en vuur en lig
en jy hygend oor my leun
het ek geweet
jy is deel van my
jy is ...

my lief
Title: Re: jy is...my lief
Post by: Angelica on July 24, 2011, 10:56:28 AM
Dis pragtig. Jy laat my verlang.
Title: Re: jy is...my lief
Post by: bloubefoeterd on July 24, 2011, 07:44:32 PM
Gawelienkie. Dis baie sensueel en baie baie mooi!
Title: Re: jy is...my lief
Post by: PM on July 25, 2011, 08:28:16 AM
Baie goed geskryf Gawie.   :bootyshake:
Title: Re: jy is...my lief
Post by: Gawelina on July 25, 2011, 04:28:42 PM
Baie, baie dankie.